96 nuwe gevalle, ses sterftes
Ses sterftes en 96 nuwe gevalle is vandag aangekondig. Die sterftesyfer skuif op na 370 en sluit twee in Engela, twee in Keetmanshoop, een in Swakopmund en een in Windhoek. Uit die 96 nuwe gevalle is 4 gesondheidswerkers, drie leerlinge, twee onderwysers, twee studente en drie werknemers in die visbedryf.
Uit die 96 gevalle is 30 onder meer in Windhoek, 12 in Rundu, nege in Katima Mulilo en agt in Rehoboth aangemeld. Nog 348 mense het herstel wat die totaal op 33 320 en 'n herstelkoers van 96% te staan bring.
Die aktiewe gevalle staan tans op 1 018 waarvan 146 in die hospitaal en 16 in intensiewesorgeenhede (ICU's) is. Dit sluit 53 gevalle in die hospitaal in Windhoek en 11 in ICU, 25 in die hospitaal in Erongo en drie in ICU en 14 in die hospitaal in Omusati.
Tot op hede is 272 217 weefselmonsters getoets, 3 677 kontakte word gemonitor en 1 218 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie