Aan al die vroue
Aan al die vroue

Aan al die vroue

Mandy Rittmann
DIRK VAN ZYL SKRYF:

Eintlik moet ons vergifnis vra, al was ons dalk nie direk betrokke nie. Ons het maar saam met die stroom gegaan, en onderdruk deur woorde en dade.

Die optrede van die manlike geslag het veroorsaak dat ons vroue en dogters veragter het in die lewe. Hulle was beskou as swakkelinge en leke. So moes hulle deur die lewe gaan vir baie, baie jare.

Daar is selfs mans wat sê dat vroue nie mense is nie, net omdat hulle die Skrifte verkeerd verstaan. God praat in Genesis van mense (man en vrou).

As die man voorgee hy is alleen mens, en nie die vrou nie, dan is daar 'n groot probleem. Hy is uit die vrou gebore. Hoe kan hy homself 'n mens noem as sy moeder nie 'n mens is nie?



VIR LANK SLAWE

As ons kyk in die geskiedenis sien ons dat jare gelede, en steeds in sommige lande, vroue nie kerke mag besoek nie. Hulle is mense, en het 'n lewende siel wat God lief het, en hulle word die kans ontneem om saligheid vir hul siele uit te werk, deur hulle liggame daar te stel vir die werk van God.

Die man kon net voor getuies vir die vrou sê dat hy van haar skei, dan is hulle geskei. Die vrou en die man werk om te versamel, maar as die man sterf, word die vrou van alles ontneem, terwyl die vrou meer ure per dag as die man gewerk het.

Die vrou mag nie skool toe gaan nie, sy mag nie leer om te skryf of lees nie. As hulle vergader om te sing, dan word hulle gestenig, of op 'n ander metode gedood.

Hulle was soos slawe behandel.

Tot vandag word vroue aangerand en mishandel, en daar kom nie veel van die saak nie, want die vrou lewe in vrees en is bang om te vervolg.

Steeds word teen die vrouegeslag gediskrimineer. Hulle was net goed om kinders te baar, kos te maak, hout en water te dra, te was en stryk, landerye te bewerk, kinders te soog en beskerm, en is altyd beskuldig as die kind verkeerd opgetree het.

Volgens mans is net die vrou verantwoordelik vir die opvoeding van die kinders, veral die dogters. Hulle mag nie sport beoefen het nie, mag nie gestem het nie. Hulle mag nie aangetrek het soos hulle begeer nie.

Die beste kleremakers, sjefs, skilders, dansers, atlete, jagters, boogskutters en sportlui was mans. In al die talente was mans die uitblinkers. Die vroue was weerhou van hierdie dinge.

Waar sou ons land, en die wêreld al gestaan het as die vroue vroeër die kans gegun was om te floreer? Ons sou van die beste, of die beste gewees het.

Kyk na die prokureurs, advokate, landdroste, entrepreneurs, atlete, dansers, sjefs, noem op, oral is vrouens wat leiding neem en hulle goed van hul taak kwyt.



VLOERLAPPE EN SLAANSAKKE

God het die man as hoof van die huis aangestel, om die vrou en kinders te onderrig, te beskerm en lief te hê. Hy het nêrens gesê die vrou moet die vloerlap wees nie. Nog minder 'n slaansak.

In ons land het baie al verander, maar die kwaad is gedoen. Ons kan die verlede nie verander nie; ons kan net sorg dat hierdie dinge nie voortleef nie.

Daar is steeds mans wat dink hulle is die baas. Met hierdie “baas” bedoel ek rondjaers. Hulle wil net bedien word, en die vrou en kinders moet hardloop. Dit lyk nie vir my na liefde nie.

Baie vroue sê dalk hulle is tevrede met so 'n lewe, maar ek dink dis uit vrees dat hulle dit sê, want geen regdenkende mens wil so lewe nie.

In baie gevalle gebeur die volgende tydens 'n tipiese vakansie.

Almal sien uit na die vakansie. Daar word gepak, gesels, gelag en almal is opgewonde. Hulle ry saam en sing in die motor. Die omgee is sterk, en die liefde nog sterker.

Hulle stop by die see. Die man en die seuns spring uit, gryp die visgerei en sit af na die water. Die vrou pak af en dra alles na die gewenste plek met die hulp van die meisiekinders. (As daar 'n tent is, sal die mansmense help, maar in geval van 'n woonwa los hulle gewoonlik alles.)

Die vrou moet die vuur aan die gang kry, en dit neem baie tyd om die kamp leefbaar te maak.

Sy is nog besig, dan stuur die pa die een kind om te vra of daar niks te drinke is nie. Nie lank nie, dan wil hy weet wanneer geëet word.

Oor 'n dag of wat, dan soek hulle klere, en ma moet was en stryk.

Het sy ook vakansie? Of is sy 'n vloerlap, of besem? Want sy moet net vee en vee om alles bymekaar te hou.



NEE VIR ONDERDRUKKING

Ons hoef nie meer met die gesegde te loop nie: “Jy kry nie 'n kwaai vrou nie, jy kry net 'n bang man.” Aan hierdie gesegde kleef tog waarheid. Waarom is die vrouens so van bevordering weggehou? Is dit nie dalk uit vrees dat die vrou beter sal presteer as hulle nie?

Daar is nie so 'n storie dat dit 'n vrou se werk en dat 'n man se werk is nie.

Ek is dankbaar dat God my 'n vrou gegee het wat ek met liefde kan behandel; 'n vrou wat by my pas, soos ons in die Skrifte lees.

Ek klink seker soos 'n bang man, en ek verseker u: Ek is bang, want ek het vrese vir God, want Hy is Liefde, en ek moet daardie beeld uitdra.

Dankie aan al die vroue wat maar verduur het, en hulself bewys het. Ek glo dié wat nog sukkel, sal daarby uitkom.

Ek breek 'n lansie vir elke vrou wat steeds onderdruk word. Ek is dankbaar, en wil nie sien dat my dogter onder 'n onderdrukker lewe nie. Ten minste is ek eerlik in my uitlatings.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!