Aan die stuur van sake-ontwikkeling
Steve Galloway is as die direkteur van sake-ontwikkeling van FNB Namibia Holdings aangestel. As sodanig sal hy die groep se bydrae tot die verwesentliking van nasionale ontwikkelingsdoelwitte optimaliseer, asook FNB Namibia Holdings se Harambee-welvaartplan in ooreenstemming met die groep se strategie bestuur. Galloway was sedert die ontstaan van RMB Namibia in 2012 die groep se medebestuurder. Hy beskik oor wye ervaring in onder meer mynbou, water en energie, asook infrastruktuurontwikkeling en logistiek.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie