Aanbod van N$1,4 miljard vir Air Namibia
’n Relatiewe nuwe, Suid-Afrikaanse lugdiens het ’n aanbod gemaak om 100% van die gelikwideerde Air Namibia se bates te koop.
Kristien Kruger – ’n Suid-Afrikaanse lugredery het ’n aanbod van sowat N$1,4 miljard gemaak om die nou ontbinde Air Namibia te koop en dit blyk of die likwidateurs die aanbod gaan aanvaar.
In ’n brief wat die Namibiese regsverteenwoordiger van BDS Airways, mnr. Gilroy Kasper, in November verlede jaar aan Air Namibia se likwidateurs, Bruni & McLaren gerig het, stel dit dat BDS bereid was om sowat N$3,4 miljard vir die lugdiens te betaal, waarvan N$1,5 miljard “onmiddellik beskikbaar gestel sou word vir verskeie uitbetalings aan skuldeisers”.
Dié aanbod is wel teruggetrek en in 'n brief op 4 Januarie het BDS Airways se voorsitter, mnr. Sabelo Williams, aan mnre. David Bruni en Ian McLaren, ’n nuwe aanbod van slegs N$1,4 miljard voorgestel.
Bruni en McLaren het na bewering verlede week die Vlieëniersvereniging van Namibië van die aanbod in kennis gestel en bekend gemaak dat die likwidateurs glo van plan is om dit te aanvaar.
Geen redes is verskaf vir die onttrekking van die aanvanklike aanbodnie.
Bruni en McLaren het gister teen saktyd nog nie op Republikein se vrae reageer nie.
AIR NAMIBIA SE LIKWIDASIE
Air Namibia is in die proses om gelikwideer te word nadat die regering in Maart verlede jaar bedrywighede gestaak het nadat dit aan die lig gekom het dat die lugdiens sowat N$3,5 miljard se skuld, sowel as staatsgewaarborgde skuld van sowat N$2,58 miljard gehad het.
Toe die regering verlede jaar die likwidasie aangekondig het, het hy gesê hy kan Air Namibia nie meer onderhou nie en daarom sal dit onmoontlik vir die lugdiens wees om uit insolvensie handel te dryf.
Die nasionale lugdiens se skuld bestaan uit N$2,3 miljard wat aan handelskrediteure verskuldig is en N$693 miljoen aan onbetaalde belasting.
Die voormalige werknemers van Air Namibia wag ook nog op hul skeidingspakkette ter waarde van sowat N$100,5 miljoen en die 640 werknemers is tans betrokke in ’n regsgeding in die arbeidshof om hul geld te eis.
– [email protected]
FOTO’s
Air Namibia se likwidateurs het 'n aanbod van sowat N$1.4 miljard gekry om die lugdiens te koop. Foto argief
Air Namibia se likwidateurs, mnre. Ian McLaren (links) en David Bruni. Foto argief

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie