Aandag alle foodies, smulpape en lekkerbekke!
Lloyd Zandberg - FNB se derde restaurantweek begin amptelik vandag en duur tot 3 September.
Sanja van den Berg, bemarkingsbeampte vir digitale- en selfhelpkanale by FNB Namibia, deel haar opwinding met Kollig.
"FNB-restaurantweek is 'n kulinêre ervaring waartydens restaurante in Windhoek, Swakopmund en Walvisbaai in verskillende kategorieë kompeteer om die beste restaurant in hul veld te word. Ons is trots daarop om met die restaurantweek verbind te word. Restaurantweek bestaan uit fantastiese kos, die beste wyne, briljante diens en samesyn," sê Sanja.
Leoni Cohen-Velida, stigter en promosiebestuurder van hierdie groot projek, sê sowat 52 restaurante neem hierdie jaar in drie kategorieë deel, naamlik restaurant, kafee/bistro en kettingrestaurant.
Almal wat uitsien na 'n goeie kulinêre ervaring word aangemoedig om deur middel van die FNB-restaurantweek se app vir hul gunstelingrestaurant te stem. Hierdie app kan via Google Play of die App Store (iOS) afgelaai word.
“Die app stel deelnemers in staat om op hoogte van alle gebeure te bly. Op die app word deelnemende restaurante gelys, asook spesiale aanbiedinge. Op die app kan jy in jou Facebook-rekening ingaan en die restaurant se individuele QR-kode skandeer om te stem. Slegs deelnemers wat met behulp van die app stem, sal in aanmerking vir die vakansie in Phuket kom,” sê Sanja.
Ter viering van FNB-restaurantweek het Kollig die geleentheid gehad om Que Tapas, een van die deelnemers in die restaurantkategorie, se smullekker kos te proe. Ons deel ons ervaring.
Is die Boeing al oor?
Dit het begin met ‘n vriendelike verwelkoming deur ‘n jong man wat lyk of hy familie van die president kan wees. Baie netjies, vol entoesiasme en opreg. Que Tapas lyk sommer net reg met die inloopslag. Daarna het die man ons na van die verskeie oop tafels vergesel. Neem in ag dat dit 11:00 op ‘n gewone Donderdag is.
Net mense wat ryk geërf het of bestuursposisies beklee, eet daai tyd van die dag in ‘n fynproewersrestaurant. Maar toe sit ons aan. Daarmee het ‘n ander dame, sy was nét so deftig getooi, vir ons die spyskaarte, broodjies, regte, egte botter en blink bottermesse gebring.
In die agtergrond het musiek gespeel wat my laat dink het aan daai een keer toe Jennifer Lopez op TV vir kinders sonder niere gedans het. Die atmosfeer was aansteeklik.
Tussen die Latynse musiek en die reuke van knoffel wat trou, wou ek self net die dansbaan betree. Die dame wat vir ons die broodjies gebring het, het vir ons gevra wat ons wil eet.
Toe vra ek vir haar wat stel sy voor. Sy sê toe die varkfilet met die sampioensous het al menige besoeker aan die huil gehad.
Ek sê toe maar bring dit vir my, ek is ‘n Libra. Ons huil graag. My kollega wat saam met my is, skiet toe vir ‘n salmbroodjie met ‘n bloukaassousie. Ek eet net vis as ek water of die see kan sien.
‘n Paar minute, toe land ons kos met twee virgin cocktails (die Boeing was nog besig om passasiers te laai. En toe trap ek en Kollega vas en eet vir ons moeg. Die sop spat die wêreld vol soos ons vir ons in die lekkertes verlustig.
Elke paar minute het die president se nefie kom seker maak ons is tevrede.
Nie ek of Kollega kon daarop reageer nie, want ons monde was propvol heerlike kos. Die varkfilet met sampioensous het my beweeg.
Regtig. Die salm is moeilik om te sluk as hy op ‘n droë broodjie rus.
Que Tapas is die perfekte plek om ‘n Donderdagvoormiddag te spandeer.
Al is jy nie die baas van ‘n groot maatskappy nie. Die pryse gaan nie jou bankbalans breek nie en jy gaan baie fênsie voel. Amper asof jy verlangs familie van die president kan wees. Gaan proe self.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie