Aandeelhouers van PPC langtand vir AfriSam
Aandeelhouers van PPC langtand vir AfriSam

Aandeelhouers van PPC langtand vir AfriSam

Peter Nelson, voorsitter van PPC, sê briewe wat hy ontvang het, wys “waarskynlik meer as” 25% van aandeelhouers is teen 'n same­smelting met sy mededinger AfriSam gekant.

Die samesmelting kan net plaasvind as “75% van aandeelhouers ten gunste daarvan is en dit is duidelik meer as 25% is daar­teen gekant,” het Nelson in 'n tele­foniese onderhoud aan Bloomberg gesê.

“Ons het die briewe ontvang, maar die proses moet sy gang gaan.”

Die teenkanting bring twyfel oor of die Kanadese Fairfax Financial Holdings se aanbod om Suid-Afrika se grootste sementvervaardiger oor te neem, sal voortgaan.

Fairfax se voorwaarde is dat PPC en AfriSam saamsmelt.

PPC het vroeër die week gesê maatskappye wat ook belang stel om hom oor te neem, moet genoeg tyd kry om hul ondersoeke te voltooi.

Die Nigeriese Dangote Cement het ook voorheen gesê hy stel belang, maar PPC sê egter Vrydag in 'n verklaring op Sens Dangote het hom laat weet hulle stel nie meer belang nie.

Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) wat 'n belang van sowat 11% in PPC besit, steun glo Fairfax se aanbod.

Die OBK is met 'n 60%-belang ook die grootste aandeelhouer in AfriSam.

PPC sê Fairfax se aanbod van R5,75 per aandeel ter waarde van R2 miljard onderwaardeer die onderneming.

PPC het Investec aangestel om die aanbod te hersien.

Die aandeelhouers se mening is 'n kwessie wat AfriSam eerder as PPC in ag behoort te neem, sê Nelson.

PPC het Vrydagmiddag vroeg bykans 7% laer teen R6,00 op die JSE verhandel.

– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!