Aandeelpryse styg, goudprys wankel
Hanlie Stadler - Twee dae, twee rekords – dit gaan vir eers goed met aandeelpryse.
In die VSA het die Standard & Poor’s 500-indeks het Dinsdag wéér op ’n rekord gesluit, die agtste uit tien verhandelingsdae waarin die indeks met altesame 7,6% gestyg het. Dit het Dinsdag op 2 152,14 punte gesluit.
Die indeks weerspieël die 500 grootste maatskappye wat op sowel die Nasdaq as die New Yorkse aandelebeurs genoteer is.
In geheel is Amerikaanse aandele US$2 000 miljard méér werd sedert 27 Junie.
In Asië raak-raak aandeelpryse aan hul 2016-hoogtepunte.
Die JSE is ook weer op ’n styglopie en het gister teen 11:40 Suid-Afrikaanse tyd 0,66% hoër op 52 892,03 punte gestaan.
Wichard Cilliers, direkteur van valutahandelaar van TreasuryOne, sê die aptyt vir risiko loop wêreldwyd hoog omdat sentrale banke als moontlik doen om te midde van trae groei akkommoderend te wees.
Vyf lande se opbrengskoers op tienjaar-staatseffekte is minder as 0% - Duitsland, Switserland, Japan, Nederland en Denemarke. In Switserland is slegs die opbrengskoers op 50-jaar-effekte positief en dan ook net op ’n patetiese 0,022%.
“Dis daarom geen wonder dat beleggers so aangetrokke is tot ons tienjaar-opbrengskoers van 8,66% nie.”
Die Bank van Engeland besluit Donderdag oor rentekoerse, maar die verwagting is dat dit onveranderd gelaat sal word eerder as nou verlaag sal word.
Die aandelebeurse lok ook weer beleggers nadat kommer oor Brexit beleggers kort ná die referendum op 23 Junie hul geld laat onttrek het.
Die S&P 500 het met ’n enorme 5,3% geval nadat die Britte gestem het om die Europese Unie te verlaat.
Die JSE het ook in Junie 3,13% van sy markwaarde afgeskryf, maar verhandel reeds weer stewig bo 52 000 punte. Dit is slegs 3,7% onder die hoogste vlak van die afgelope 52 weke – die 54 760,91 punte wat op 4 November 2015 behaal is.
Die nadeel van die styging in aandeelpryse vir mense wat in goud glo, is dat dit dié edelmetaal se prys weer met die meeste in sewe weke, 1,6%, gedaal het. Dit was die vierde opeenvolgende dag waarin die goudprys gedaal het.
Gister teen 10:30 Suid-Afrikaanse het die goudprys egter weer met ’n stewige 0,69% gestyg en op US$1 342,07 per fynons verhandel.
Goud het tot dusver vanjaar sy historiese reputasie as toevlugsoord gestand gedoen – mense het daarin belê te midde van tekens dat die wêreldekonomie onvas op sy voete is.
Ontleders reken dat die goudprys ondersteun sal word solank Amerikaanse rentekoerse laag bly en die dollar swak is.
Die Federale Reserweraad besluit weer op 27 Julie of hy rentekoerse verhoog, maar die meeste ontleders verwag nie nou ’n verhoging nie.
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank is in die onbenydenswaardige posisie dat hy op 21 Julie oor rentekoerse moet besluit voordat die Amerikaanse besluit bekend is. Suid-Afrika se trae ekonomiese groei teenoor stygende inflasie maak dit nie ’n maklike besluit vir Lesetja Kganyago, president van die sentrale bank, en sy span nie. - Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie