Aandklokreël opgehef
President Hage Geingob het die aandklokreël amptelik as deel van die nuwe Covid-19-regulasies opgehef. Openbare byeenkomste kan deur 200 persone bygewoon word, so ook dieselfde totaal toeskouers by sportbyeenkomste. Regulasies vir alkoholverkope en -verbruik bly soos dit is, terwyl gimnasiums, nagklubs en casino's met die helfte van hul kapasiteit kan sake doen. Alle Covid-verwante begrafnisse moet binne 10 dae plaasvind.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie