Aandklokreu00ebl stop nie aanval op bejaardes
Aandklokreu00ebl stop nie aanval op bejaardes

Aandklokreël stop nie aanval op bejaardes

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - ’n Bejaarde egpaar van Olympia in Windhoek sterk in ’n private hospitaal aan nadat hulle Dinsdagaand deur vier mans in hulle huis in Marjorie Clarkstraat met ’n panga aangeval, geslaan en geskop is.

Hulle is daarna vasgebind waarna die mans die huis omgedolwe het op soek na waardevolle items om te roof.

Mnr. Frikkie Henn (76) en sy vrou, Hester (74), se trouringe is selfs van hul vingers afgesteel, het mnr. Kosie Henn gister vertel. Hy is Henn sr. se broerskind.

Volgens hom is sy oom met ’n panga voor die kop, aan die arm en op die knie gekap. Buiten die kap- en snywonde, is sy knieskyf gebreek en hy het harsingskudding opgedoen.

“Hulle het my tannie rondgeruk en haar geklap en geslaan en toe sy val, op haar lyf geskop. Haar niere is beseer en sy het ook ligte harsingskudding opgedoen.”

Henn sê die aanval het tussen 20:30 en 21:30 plaasgevind.

“My oom het TV gekyk en my tannie was in die kombuis besig om skottelgoed te was toe die mans die glasdeur gebreek het om in te kom. Hulle het heining beskadig om toegang tot die erf te verkry."

Hy sê sy oom het na sy tannie gehardloop en gesê hulle moet hulle in die kamer gaan toesluit, maar die rowers was te vinnig vir hulle.

Die mans het die bejaarde egpaar eers aangeval en hulle daarna vasgebind.

Volgens Henn het die rowers sy oom en tannie se selfone, skootrekenaars, asook klere en skoene geroof. “Hulle het die hele huis omgedolwe en selfs die matrasse omgedop,” het hy gister vertel.

Volgens hom het ’n voertuig ’n hele ent van die huis af op die vier mans gewag.

Die Henns het nadat die mans vort is, daarin geslaag om hulself los te wikkel, waarna hulle een van hul kinders met die landlynfoon gebel het. Kort daarna het die bure hulle te hulp gesnel.

Die Henn-egpaar sou gisteraand hul tweede nag in die hospitaal deurbring. Volgens Henn jr. sal sy oom en tannie na verwagting vandag ontslaan word.

Hy sê die familie is ontsteld met hoe die ondersoek gedoen is. “Die ondersoekbeampte het nie vingerafdrukke geneem nie en ook nie geweet daar is ’n CCTV-kamera in die straat wat vir die ondersoek ingespan kan word nie.

“Die polisie is vinnig om mense wat saans terugkeer huis toe, met sambokke te slaan as hulle kort voor agtuur nog op straat is. Hulle moet liewer op die misdadigers konsentreer,” sê hy.

Komm. Joseph Shikongo, bevelvoerder van die polisie in die Khomasstreek, het die voorval by navraag bevestig en gesê niemand is nog in verband met die aanval en roof aangekeer nie.

Hy het polisie in die streek gister ingelig om die aandklokreël streng te monitor en seker te maak geen taxi’s is tussen 20:00 en 05:00 op paaie tensy dit ‘n noodgeval is soos wanneer iemand na ‘n hospitaal geneem moet word nie. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!