Aankope-kenner sê NEEEF het gebreke
Nuwe wetsontwerp gekritiseer
Augetto Graig - Die voorgestelde wet op gelyke ekonomiese bemagtiging (NEEEF) sal in sy huidige vorm nie deur aankopers in die uitvoering van tenderpligte gebruik kan word om plaaslike aankope te bevorder nie.
“Dit is nog nie waar dit moet wees vir ons om toe te pas nie,” het die aankope-kenner en stigter van die Namibiese Voorkeuraankope-korporasie, me. Malverene Theron, gister by die derde jaarlikse aankope-konferensie in Windhoek gesê toe sy aankopers aangemoedig het om voorkeuraankope te gebruik as meganisme om vir die land en sy mense voordele los te slaan.
Volgens haar lê die tekortkoming van NEEEF daarin dat dit nog te onduidelik is, met geen vaste definisies nie en doelwitte wat te stagnant is.
Sy het konferensiegangers herinner aan die belangrikheid van hul rol en om nie die mag tot hul beskikking te onderskat nie. Volgens haar kan Namibië se probleme deur voorkeuraankope getakel word. “Aankope is die antwoord,” sê sy.
“Al die doelwitte kan nie 20% weeg nie, voorkeuraankope moet liewer 40% weeg. Dit bevat ook geen duidelike naspeurbaarheid en verslagleweringsmeganismes nie omdat dit nie die proses uitstippel nie. Daar is ook ’n tekort aan ondersteuning vir NEEEF, selfs binne die regering,” het sy gesê. “Die oorkoepelende ideale is fantasties, maar die wet het gebreke,” sê Theron.
Sy het ook haar kommer oor die Wet op Openbare Aankope (Wet No.15 van 2015) uitgespreek. “Ons ken die bedryf as bedrywig en as mens ’n prys mis, is dit te laat. Met die wet is daar net te veel hekke waardeur ’n mens moet gaan. Dit is nie vaartbelyn vir die wêreld van die daaglikse aankoopproses beplan nie,” sê sy.
Boonop moet poste op die sentrale aankoperaad voltydse aanstellings wees weens die omvang van die voorstelle wat op daardie tafel sal beland. “Dit sal woes gaan,” het sy die raad se werklading beskryf.
Nietemin kan aankopers in Namibië nie wag vir oplossings vir dié probleme voordat hulle begin voordeel trek uit plaaslike aankope nie, sê sy.
“Inteendeel, ons moet die leiding neem,” sê sy.
Theron moedig haar kollegas aan om alle toepaslike wetgewing en landsbeleide, insluitend die Harambee-welvaartplan, die Tenderraadwet en die Wet op Openbare Aankope, swart ekonomiese bemagtiging en die Growth at Home-beleid, só goed te ken dat dit beskerming bied wanneer bestuur aankoopbesluite bevraagteken. “Ons moet kan staan op wat ons weet die regte ding is om te doen,” sê sy.
Deur voorkeuraankope kan die sogenaamde vermenigvuldigers- en watervaleffek die land se hele ekonomie raak. “Ons behoort Namibiese maatskappye voor in ons gedagtes te hou wanneer ons aankoop,” sê sy. “Voorkeur is ’n bewuste besluit.”
Ten spyte van die struikelblokke wat Namibiese verskaffers beleef, sal dit nadelig wees vir toekomstige geslagte en die land en sy mense as voorkeuraankope nie nou al toegepas word nie, sê sy.
Om dit te doen, moet vaste definisies goed ontwikkelde doelwitte, duidelike meganismes vir naspeurbaarheid en verslagdoening en ondersteuning deur die plaaslike administrasie vir plaaslike aankope geld. Meer spesifiek moet plaaslike verskaffers aangemoedig word om hul denkwyse te verander deur meer langtermynkontrakte te onderteken wat verkrygers kans gee om opleiding en ontwikkeling onder plaaslike verskaffers te ondersteun.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie