Aankoperaad bevorder deursigtigheid
Maatskappye wat verkrygingskontrakte oortree, kan nou tot vyf jaar lank uitgesluit word.
Augetto Graig - Maatskappye wat die reëls van verkrygingskontrakte van die regering en staatsondernemings minag, kan nou vir tot vyf jaar verbied word om deel te neem aan die nuwe regeringstelsel.
Dít was een van die belangrikste punte by die voorstelling van die ontleding en navorsing van Namibië se nuwe verkrygingsraamwerk.
Die sentrale aankoperaad was skaars twee maande oud toe die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) hul navorsing voorgestel het.
Die Verkrygingswet 15 van 2015, waarvolgens die raad byeen geroep is, is volgens mnr. Frederico Links, IPPR-navorser, sterker en veiliger as die vorige wetgewing, en die verwydering van die ou tenderraad het nuwe hoop gebring. Volgens Links is die opstel van die sentrale aankoperaad 'n stap in die regte rigting.
Mnr. Patrick Swartz, voorsitter van die aankoperaad, het gesê deursigtigheid is noodsaaklik vir die toepassing van die nuwe stelsel.
Nie net sal die name gepubliseer word van maatskappye wat vir tenders goedgekeur word nie, maar maatskappye wat nie suksesvol is nie, kan ook aandring op redes waarom hulle nie gekies is nie.
Links sê die Verenigde Nasies (VN) sal Namibië binnekort evalueer op grond van sy dwelm- en misdaadvlakke om te sien of die land voldoen aan die VN-verdrag teen korrupsie.
Die nuwe wet bevat voorgeskrewe vereistes vir 'n gesonde verkrygingstelsel, deursigtigheid, objektiewe besluitneming, plaaslike hersiening, integriteit van amptenare, asook volledige openbare rekords en finansies.
Die basiese beginsels van deursigtigheid, kompetisie en objektiewe besluitneming word volgens Links deur dié wet ondersteun.
Hy het gesê die voormalige tenderraad se stelsel was problematies en ongeloofwaardig en kon skaars funksioneer ná 'n geweldige verlies aan vertroue.
Oorsake hiervan was 'n tekort aan deursigtigheid, die breë gebruik van uitsonderings op die wetlike voorskrifte, en geheimsinnigheid, het Links gesê.
Die nuwe wet maak nou voorsiening vir verskeie groepe, insluitend die sentrale aankoperaad, wat onder die verkrygingsbeleideenheid, maar bó die hersieningspaneel val, verkrygingskomitees, die evalueringskomitee vir aanbiedinge, sowel as die verkrygingsbestuureenheid.
In terme van deursigtigheid vereis die wet gereelde verslae wat aan die betrokke minister en parlement voorgelê moet word.
'n Tekortkoming is egter die feit dat die weermag- en veiligheidsowerhede heeltemal van die toepassings van die wet kwytgeskeld word.
“Dit lyk alles goed op papier, maar ons sal moet sien of dit werk,” het hy gesê.
Links het 'n beroep op die private sektor en die plaaslike sakegemeenskap gedoen om meer betrokke te raak by die regering se nuwe verkrygingsproses.
Volgens hom moet geleenthede vir sakelui en nieregeringsorganisasies geskep word om die werking van die stelsel te monitor.
Me. Charity Mwiya, van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid (NCCI), sê die nuwe wet het goeie bedoelinge en takel kwessies van deursigtigheid en regverdigheid, die verwydering van vooroordeel en onsekerheid.
Nogtans moet die wet verder gaan en stemwerwing kriminaliseer.
“Aanbieders moet gediskwalifiseer word as hulle in gesprek met lede van die raad tree,” het Mwiya gesê.
“Integriteit is ons almal se verantwoordelikheid. Dit moet van ons almal af kom,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie