Aankoperaad doen verslag
Hoewel die nuwe Sentrale Aankoperaad stadig met sy werk uit die blokke gekom het, is baie reeds volgens die voorsitter vermag.
Catherine Sasman
Namibië se nuwe Sentrale Aankoperaad (CPBN) sal sy personeel met 50% moet vermeerder om sy pligte uit te voer.
Die raad se voorsitter, mnr. Patrick Swartz, het dié week gesê sowat 1 000 kundiges in verskeie velde sal voorts nodig wees om op komitees te dien wat toekennings moet evalueer.
Tot dusver kon die raad volgens Swartz sy werkslading hanteer, maar werwing sal moet versnel weens die groot aantal aankopeplanne wat verwag word.
Lede van die raad mag nie op evalueringskomitees dien nie. Volgens Swartz is 67 kundiges reeds gewerf en nog 80 aansoeke is ontvang.
“Ons benodig egter 'n poel van sowat 1 000 professionele kundiges met die nodige kombinasie van vaardighede,” het hy gesê.
Daar is veral 'n behoefte aan onder meer ingenieurs, bou-opnemers, argitekte, aptekers, rekenmeesters, regslui, spesialiste in inligtingstegnologie, geoloë en lugvaartkenners.
VORDERING
Sedert Maart 2017 het die raad een nuwe tender namens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste vir die voorsiening van antiretrovirale middels (ARV's) uitgereik.
Die tender is gekanselleer om seker te maak dat aan alle wetlike eise voldoen word en sal volgens Swartz binnekort heradverteer word.
Die raad het 29 keer sedert sy ontstaan vergader.
Volgens Swartz is 17 individuele aankopeplanne met 'n gesamentlike waarde van N$2,5 miljard reeds goedgekeur.
In totaal is 18 tenders ten bedrae van N$848 miljoen verleng. Drie tenders ter waarde van N$21 miljoen is gewysig en twee tenderpryse is gesamentlik tot 'n bedrag van N$15 miljoen verhoog. Vyf nuwe tenders ten bedrae van meer as N$572 miljoen is toegeken. Die totale waarde van die tenders is N$1,46 miljard.
Een van die nuwe tenders, werk vir die Paaieowerheid ter waarde van N$111 miljoen, word tans in die hoërhof betwis.
Staatsinstellings berei hul eie aankopeplanne voor en moet dit saam met spesifikasies en evalueringskriteria aan die CPBN voorlê.
Die raad neem die besluit of die planne gesonde mededinging aanmoedig en aan eise van die wet op openbare aankope voldoen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie