Aanleg les binnekort weer dors
Die munisipaliteit hoop om meer rioolwater te suiwer en om so in tot 50% van Windhoek se behoefte aan drinkwater te voorsien.
Elvira Hattingh - Windhoek se WinGoc-aanleg (Windhoek Goreangab Operating Company) sal na verwagting binne dae weer drinkwater aan Windhoekers kan verskaf.
Terselfdertyd beplan die munisipaliteit die opgradering van hul Gammams- watersuiweringsaanleg, asook ‘n tweede watersuiweringsaanleg wat nog drinkwater aan die stad moet lewer.
Mnr. Sebastian Hüsselman, hoofingenieur van die munisipaliteit se afdeling wat die stad se grootmaat- en rioolwater bestuur, het Donderdag tydens ‘n nuuskonferensie gesê hulle het gehoop om die aanleg teen die naweek aan die gang te hê.
“Dit sal help om die druk op NamWater se waterbronne te verlig, wat bykans die hele Februarie lank ‘n bykomende 19 000 m³ water per dag aan Windhoek moes voorsien,” het hy verduidelik.
Dít volg nadat die munisipaliteit twee weke gelede bevestig het watersuiweringswerke by hul Gammams-aanleg sou weer op Donderdag 22 Februarie hervat, maar dat dié aanleg se water eers aanvaarbare standaarde moes bereik voor dit vir drinkwater in die WinGoc-aanleg gesuiwer sou word.
Dié aanlegte het op 3 Februarie tot stilstand gekom nadat sowat 6 000 l swaarbrandstofolie (HFO) by Namibia Dairies se Avis-aanleg in Windhoek se rioolstelsel gestort is en alle watersuiweringswerk in die stad vir bykans ‘n maand lank gestaak moes word.
Hüsselman het ook gesê te midde van die droogte is die munisipaliteit besig met drie projekte om Windhoek se waternood te probeer verlig – buiten die projekte wat deur NamWater aangepak word om hul waterbronne te vergroot.
Dié projekte vorm deel van die nasionale plan vir watersekerheid, wat beraam word deur die kabinetskomitee vir die sekuriteit van watervoorsiening saam met sy tegniese komitee van waterkenners.
Die komitee is in 2016 deur die ministerie van landbou, water en bosbou op die been gebring.
“Die eerste hiervan is om die Gammams-watersuiweringsaanleg se kapasiteit te verhoog. Dit behels dat dit met die jongste tegnologie toegerus sal word, maar dit gaan ‘n baie duur projek wees.
“Tweedens wil ons deur watersuiweringswerke ons lewering van drinkwater aan die stad na tussen 40% en 50% verhoog.
“Die WinGoc-aanleg werk reeds teen sy volle kapasiteit en lewer tussen 18 000 m³ en 19 000 m³ drinkwater per dag aan Windhoek. Dit is sowat 25% van die stad se behoefte,” het Hüsselman verduidelik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie