Aanleg vir risiko-afval voltooi
Risiko-afval uit gebiede soos Gobabis, Okahandja en Rehoboth sal by die munisipale aanleg in Windhoek verwerk word.
Henriette Lamprecht
Die konstruksie van 'n verwerkingsaanleg vir gesondheidsgeriewe (HCRW) se risiko-afval in Windhoek en omliggende gebiede is byna voltooi.
Die nodige tegnologie is reeds geïnstalleer en sou volgens die jongste stadsraadsvergadering se agenda in Oktober en November getoets en in gebruik geneem word.
Advertensies vir die werwing van die nodige mannekrag vir die aanleg is reeds in September geplaas.
'n Kortlys vir geskikte aansoekers word ook opgestel.
Die aanleg sal 'n inkomste skep deur tariewe wat gehef word vir die vervoer en verwerking van die afval, met die doel om selfonderhoudend te wees op 'n kosteverhalingsbasis.
Volgens die munisipale agenda sal dit die enigste goedgekeurde aanleg vir die verwerking van mediese afval wees, met alle private gesondheidsgeriewe wat volgens wet verplig sal wees om hiervan gebruik te maak.
Onderhandelinge met die staat duur intussen voort in die hoop dat staatsgeriewe ook van die aanleg gebruik sal maak.
Risiko-afval uit omliggende gebiede soos Gobabis, Okahandja en Rehoboth sal voorts by die munisipale aanleg in Windhoek verwerk word. Bykomend tot die verwerking van dié afval sal die munisipaliteit dit op versoek van en teen 'n koste vir die kliënt vervoer.
koste
'n Sakemodel skets verskeie omstandighede waarin die munisipaliteit die koste van die konstruksie en bedryf van die aanleg kan herwin, asook die tydperk waarin dit moet geskied.
In die eerste geval word afval van beide private en openbare geriewe ingesluit. Sou 1 450 ton afval per jaar teen 'n tarief van N$18 per kilogram vir vyf jaar verwerk word, sal die koste vir die konstruksie en bedryf van die aanleg in dié tydperk verhaal kan word.
In die tweede geval word afval van slegs private instellings ingesluit. In dié geval sal die aanleg se koste oor 'n tydperk van agt jaar verhaal word, sou 725 ton afval per jaar teen 'n tarief van N$27,10 per kilogram verwerk word.
Volgens die agenda lê die verskil in die hoeveelhede afval wat verwerk word. Hoe meer die hoeveelhede, hoe minder die tarief wat gevra sal word en hoe korter die tydperk wat die koste verhaal word.
Die munisipaliteit maan egter hy kan nie die regering dwing om van die aanleg gebruik te maak nie. In die lig van die afwesigheid van 'n huidige ooreenkoms tussen die munisipaliteit en die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste word aanbeveel dat 'n tarief van N$27,10 per kilogram vir die verwerking van die afval gehef word.
Dit sal gevolglik lei tot 'n kosteverhalingstydperk van agt jaar.
Dit stem ooreen met die tweede geval waarin slegs afval van private geriewe verwerk word en sluit nie afval van die staat in nie.
Word bogenoemde ooreenkoms wel voltrek, sal die kosteverhalingstydperk korter as die aanvanklike agt jaar wees.
Sou 725 ton teen 'n tarief van N$27,10 per jaar verwerk word, beteken dit 'n inkomste van N$19,64 miljoen. Die munisipaliteit se bedryfskoste in dieselfde tydperk beloop dan N$15,53 miljoen, wat 'n surplus van N$4,1 miljoen lewer.
Tariewe vir instellings in Windhoek wat van die aanleg gebruik gaan maak, is N$27,10 per kilogram en vir dié buite die hoofstad N$33,90 per kilogram.
Volgens die agenda is gesprekke reeds met die permanente sekretaris van die ministerie, dr. Andreas Mwoombola, oor 'n moontlike ooreenkoms gevoer. Tans wag die munisipaliteit op Mwoombola se terugvoering.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie