Aanloop tot die groot skoonmaak

Tanja Bause
Tanja Bause - In aanloop tot môre se nasionale skoonmaakveldtog het Namibië se visepresident, mnr. Nangolo Mbumba, Robert Mugabeweg gister skoongemaak.

Die adjunkministers van veteranesake, mense met gestremdhede en gemarginaliseerde gemeenskappe, asook ministeriële amptenare het saam met Mbumba moue opgerol.

Hulle het nie net rommel en blare opgetel nie, maar ook onkruid en gras van die sypaadjies verwyder en die sypaadjies gevee.

President Hage Geingob sal die skoonmaakveldtog môre in die Samora Machel-kiesafdeling in Windhoek van stapel stuur.

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), die Recycle Namibia Forum (RNF), Eco Awards Namibia en Tourism Supporting Conservation (Tosco Namibia) moedig Namibiërs om aan môre se skoonmaakveldtog deel te neem.

"As 'n span vat ons hande vir 'n skoner Namibië en doen 'n beroep op die toerismebedryf om pres. Hage Geingob se skoonmaakveldtog te ondersteun," het HAN se uitvoerende hoof, me. Gitta Paetzold, gesê.

Die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE) en Hope Village ondersteun ook die president se nasionale skoonmaakveldtog en nooi Namibiërs uit om saam met hulle môre van 08:00 af by die Goreangabdam skoon te maak. Mej. Aarde Namibië 2016, Elize Shakalela, sal die gasspreker wees. 'n Koeldrank en worsbroodjie sal verskaf word.

Die Duitse ambassade en die German Development Cooperation sal dit ook ondersteun.

In sy strewe om gemeenskapsboere te ondersteun om produksie meer winsgewend en volhoubaar te maak, het die Communal Land Development Project – Advisory Services (CLDP) sowat 300 boere bymekaargekry om te help skoonmaak.

Die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ) GmbH het dié projek namens die Duitse regering geïmplementeer en die Europese Unie is ’n medefinansierder.

Hulle sal op Rundu, Okahao, Otamanzi, Okongo en Tsumkwe skoonmaak. Die projek sal rommelsakke, handskoene en maskers vir die verwydering van rommel skenk.

Die adjunkhoof van die Duitse diplomatieke sending, mnr. Ullrich Kinne, werkers van die ambassade en die German Development Cooperation sal môre in Windhoek skoonmaak.

Die German Development Cooperation sal ook die skoonmaakveldtog ondersteun wat op 2 Junie by die Goreangabdam en in Evelinestraat gaan plaasvind.

BYMEKAARKOMPUNTE:

Die Tobias Hainyeko-kiesafdeling sal op die hoek van Ongava- en Ongetestraat bymekaarkom, die Khomasdal-kiesafdeling op die hoek van Frankfurt- en Istanbulstrate, die Moses Garoeb-kiesafdeling by die kiesafdeling se kantoor en die Windhoek-kiesafdeling by Paaltjies in Brakwater.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!