Aanlyn geweld 'n werklikheid
Meer as 85% van vroue en meisies het al aanlyn teistering ervaar.
Henriette Lamprecht
Digitale geweld is verwoestend, grensloos en dikwels anoniem, met meer as 85% van vroue en meisies wat dit al aanlyn ervaar het of die getuies daarvan was.
Volgens die uitvoerende direkteur van die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds (UNFPA), dr. Natalia Kanem, neem digitale geweld verskeie vorme aan. Kanem het tydens die Wêrelddag vir die Beëindiging van Geweld teen Vroue gesê oortreders kan vroue en meisies aanlyn teister.
“Hulle kan vir jare foto’s van vroue en meisies se gesigte op seksuele foto’s gebruik en dit in die sosiale media versprei,” het sy gesê.
Sy het ook verwys na verwoestende aanlyn veldtogte van haatspraak en teistering wat vroue in openbare posisies teiken.
Kanem het erken die wêreld weet nog te min van aanlyn teistering en meer moet gedoen word om dit te definieer en te meet.
“Ons moet beter verstaan watter vorme dit aanneem, watter impak dit het en hoe om dit te voorkom.”
Sy het gemaan wanneer en waar enige geweld teen vroue en meisies voorkom, dit ’n skending van menseregte is.
Vanjaar fokus die veldtog op aanlyn geweld teen vroue wat buiten die voor die hand liggende bedreiging tot geestelike en fisieke gesondheid ook vroue dwing om eerder nie tyd hieraan te bestee nie.
“Wanneer meisies hul onderrig onderbreek of verkose vroue-parlementariërs nie hul pligte kan uitvoer weens aanlyn teistering nie, word hul menseregte geskend. So verloor ons hul vaardighede en leierskap in ons gemeenskappe.”
In die lig hiervan doen UNFPA ’n beroep op regerings en tegnologie-maatskappye om die leiding in die beëindiging van digitale geweld teen vroue en meisies te neem.
“Ons doen ’n beroep op wetgewers, joernaliste, die burgerlike samelewing en dié met invloed om standpunt in te neem en op te tree.”
Volgens Kanem het vroue en meisies oraloor die wêreld tans minder maniere om hulself aanlyn te beskerm as kopiereg op intellektuele eiendom. Om kopiereg te skend, kan lei tot die onmiddellike verwydering van materiaal en strafregtelike boetes.
“Vroue en meisies wie se foto’s sonder hul toestemming versprei word, moet soveel meer beskerming geniet.”
Sy het gemaan digitale geweld breek deur grense en regsraamwerke en om dit te beëindig vereis nuwe denkpatrone en nuwe samewerking tussen wetgewers en digitale maatskappye. ’n Spesiale fokus is ook nodig vir jong mense wie se grootskaalse gebruik van tegnologie hulle in ’n hoë risiko-kategorie plaas.
“Hulle moet die inligting en die maniere hê om hulself ten volle te beskerm.”
Volgens Kanem beweeg al hoe meer mense, dienste en aktiwiteite aanlyn wat ook meer digitale geweld teen meisies en vroue beteken.
“Ons moet die omvang van die krisis besef. Die reg om vry van geweld te leef, is oral van toepassing en verdwyn nie met ’n internetverbinding nie. Die virtuele en digitale wêreld is ’n werklikheid en dit moet veilig wees.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie