Aanlyn onderrig boer vooruit
Die einddoel van die projek is om standaardlesse volgens die Namibiese leerplan beskikbaar te stel aan elkeen wat 'n behoefte daaraan het.
Henriette Lamprecht
Nóg twee behoeftige skole baat by Eduvision se aanlyn onderrig op die platteland.
Die Senior Sekondêre Skool Okakarara en die Junior Sekondêre Skool Waterberg se onderwysers het reeds opleiding in die hantering van die nodige harde- en sagteware vir die implementering van dié projek ontvang.
Volgens mnr. Frikkie Louw van Eduvision het die projek ten doel om leerlinge aan dié skole, saam met die sowat 60 matrieks van die Sekondêre Skool Tsumkwe, te bevoordeel.
Volgens Louw het elke graad 12-leerling van laasgenoemde skool met die hulp van First Rand Namibia nou die kans om lesse in biologie, fisika en wiskunde op hul iPad af te laai en daarna te kyk en luister.
“Dit stel hulle in staat om die lesse vir hersiening vir die komende eindeksamens wat eersdaags begin, te gebruik. Ons is baie dankbaar teenoor First Rand Namibia wat dit moontlik gemaak het – die eerste in sy soort in die land,” sê Louw.
Die einddoel van die projek is om standaardlesse volgens die Namibiese leerplan beskikbaar te stel aan elkeen wat 'n behoefte daaraan het.
Die lesse word by wyse van video opgeneem. Tans ontvang leerlinge op Tsumkwe ook lesse wat in pdf-formaat in harde kopieë omgeskakel is, wat hulle kan liasseer en gebruik.
Vir meer inligting, kontak Louw by 081 246 7259 of [email protected]
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie