Aanlyn opvoering van Mozart-meesterstuk
Aanlyn opvoering van Mozart-meesterstuk

Aanlyn opvoering van Mozart-meesterstuk

Yandi Du Plessis
Nadat The Voice ­Masterclasses se slypskool vir die ontwikkeling van klassieke musiek in ­samewerking met Bank Windhoek voltooi is, het die Namibia Music Ensemble op Vrydag 26 Februarie The Marriage of Figaro in Windhoek aangebied en opgeneem.

The Marriage of Figaro is 'n komiese opera met vier bedrywe wat in 1786 deur Wolfgang Amadeus Mozart ­gekomponeer is.

“Die opera is een van dié wat die meeste deur Mozart opgevoer is en vertel hoe twee bediendes, Figaro en Susanna, daarin slaag om te trou en hul werkgewer, graaf ­Almaviva, se pogings teëwerk om Susanna te verlei,” vertel die Namibia Music Ensemble se stigter, Galilei Njembo.

Njembo, saam met die soliste Justin Antony, Janice van Rooy, Natasha Ndjiharine, Glaucio Ngaca en Trudy Gertze, het die ­uitgesoekte gehoor betower, begelei deur die pianis Retha-Louise Hofmeyr en die stryktrio Jürgen Kriess, Deborah Haindongo en Amy Aring.

Sandy Rudd, een van Namibië se vernaamste kunsregisseurs, sê: “Dit het my hart met liefde gevul om te sien hoe sulke toegewyde jong Namibiërs met soveel passie dít doen waarvoor hulle lief is.”

Bank Windhoek se hoof van korporatiewe maatskaplike ­beleggings, borgskappe en ­geleenthede, me. Bronwyn Moody, het Njembo en sy span alle sterkte toegewens.

Ná afloop van die première verlede Vrydag is kaartjies nog tot 31 Maart beskikbaar.

Vir meer inligting kan Njembo gekontak word by 081 889 9576 of [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!