Aansoek uitgestel om SME Bank-likwidateurs te stop
Aansoek uitgestel om SME Bank-likwidateurs te stop

Aansoek uitgestel om SME Bank-likwidateurs te stop

‘n Poging deur twee Zimbabwiese aandeelhouers in die ontbinde SME Bank is in die hoërhof uitgestel om regstappe deur likwidateurs te verhinder.
Fred Goeieman
Fred Goeieman - Die likwidateurs in die SME Bank-sage eis sekuriteit ter waarde van N$500 000 van die Metropolitan Bank of Zimbabwe en World Eagle Properties vir kostes.

Mnre. David Bruni en Ian McLaren, die aangestelde likwidateurs van die SME Bank, het dít geëis nadat ‘n dringende aansoek vir die tersydestelling van 'n hofbevel deur die twee Zimbabwiese maatskappye gebring is.

Die Zimbabwiërs eis dat terwyl hofdokumente tussen die twee partye uitgeruil word en totdat die saak aangehoor word, die likwidateurs nie hul magte mag uitoefen om enige geld aan deponeerders van die SME Bank uit te betaal nie.

Hulle is ook versoek om geen regsgeleerdes in Namibië, Zimbabwe of Suid-Afrika by verdere litigasie te betrek nie.

Ander respondente wat in die saak genoem word, is die Namibia Financing Trust, die meester van die hoërhof, die regering, die ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, die minister van finansies en die Bank of Namibia.

Op 2 Februarie vanjaar het die hoërhof in Windhoek aan Bruni en McLaren toestemming gegee om enige geding, soos vereis in die hoër howe van Suid-Afrika en van Zimbabwe, aanhangig te maak om die SME Bank se vermiste N$174,4 miljoen op te spoor.

Ná ‘n dringende aansoek het adjunkregterpresident Hosea Angula beslis dat die twee, as amptelike likwidateurs van die SME Bank, gemagtig is om enige geding, insluitende die herwinning van vaste en roerende bates asook geregtelike herstel, soos nodig, uit te voer om die bank se sake af te handel.

Hulle is ook toegelaat om beperkte bedrae aan deponeerders uit te betaal.

Die twee Zimbabwiese aansoekers in die huidige saak wil Angula se uitspraak ter syde laat stel.

Regter Thomas Masuku het die saak tot 19 Maart vir argumente uitgestel.

“Die bepaling van koste en verwante sake staan oor,” het Masuku gesê.

Daar was ‘n vertraging in die bediening van hofstukke op die likwidateurs wat geen tyd gehad het, nadat hulle die dokumente op 26 Februarie ontvang het, om beëdigde verklarings by die hof in te dien nie.

Die likwidateurs het in hul aansoek vir sekuriteit vir koste die Zimbabwiërs ook ingelig dat indien hulle beswaar maak teen hul aanspreeklikheid om sekuriteit te verskaf, hulle by die hoërhof sou aansoek doen dat die regter in die saak ‘n bevel vir sekuriteit moes uitreik.

Die likwidateurs hou vol hulle is weens die posisie waarin hulle hulself bevind, verplig om sekuriteit vir die koste te vra.

Caption: Advokaat Raymond Heathcote met een van die likwidateurs in die SME Bank-sage, mnr. Dave Bruni. Foto Fred Goeieman

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!