Aansoeke om Chevening-beurse open
Aansoeke vir Namibiërs vir die 2017-’18-beursprogram van die Britse regering het Maandag geopen. Aansoeke sluit op 8 November 2016.
Die opening van nuwe aansoeke volg ná die kies van tien akademici uit Namibië wat genooi is om vanjaar aan universiteite in die Verenigde Koninkryk te studeer. Hulle vertrek in September. Een van die beurse word gesamentlik deur Chevening en die Petroleum Opleiding en Onderwysfonds (Petrofund) gefinansier.
Altesaam vyf Namibiërs studeer tans in Brittanje ingevolge die Chevening-beursprogram.
Vooraanstaande Namibiese Chevening-alumni sluit in hoofregter Peter Shivute en Namport se hoof uitvoerende beampte, mnr. Bisey Uirab.
Chevening is Brittanje se globale beursprogram en word deur die kantoor vir buitelandse en statebond-aangeleenthede en vennootorganisasies gefinansier. Die program gee toekennings aan uitstaande presteerders met leierskappotensiaal van oral in die wêreld om vir ten volle gefinansierde nagraadse kursusse aan Britse universiteite te studeer.
Toekennings aan Namibiërs is gewoonlik vir een jaar lange meestersgrade met voorkeur vir studie in die handel-, menseregte-, staatsbestuur-, media- en klimaatveranderinggebiede aan enige van Brittanje se universiteite.
In vennootskap met Petrofund bied Chevening vanjaar twee gesamentlik-gefinansierde beurse vir studie vir ’n MSc-graad in die regte op die gebiede van olie en gas asook ’n MSc-graad in die finansiering en boekhouding van olie en gas aan.
“Die Verenigde Koninkryk is die tuiste van baie van die wêreld se beste universiteite en Chevening stel studente in staat om op akademiese, professionele en persoonlike vlak te ontwikkel terwyl hulle daar studeer. Diegene wat gekies word vir ’n Chevening-beurs, word erkende leiers wat aan ’n globale netwerk meningsvormers behoort. Hulle is bemagtig met ’n sterk gevoel van trots en verantwoordelikheid,” het Brittanje se hoë kommissaris in Namibië, me. Jo Lomas, gesê.
“Hulle deel die beste wat hul land het om aan te bied met die mense wat hulle in die Verenigde Koninkryk ontmoet en wanneer hulle terugkom, deel hulle die beste wat die Verenigde Koninkryk aan te bied het. Om hierdie rede speel Chevening-beurshouers ’n belangrike rol om brûe tussen lande te bou,” het sy bygevoeg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie