Aansoeke vir Britse Chevening-beurse open
Die Chevening-sekretariaat het aansoeke begin aanvaar vir die Britse regering se beursprogram om in 2018-'19 in Brittanje te studeer.
Aansoeke vir dié beurse kan tussen 7 Augustus en 7 November ingedien word.
Aansoeke moet via www.chevening.org/apply gedoen word.
Volgens 'n verklaring van die Britse hoëkommissariaat in Namibië sal 10 Namibiese studente vir die beurse in aanmerking kom.
Twee van die beurse word gesamentlik deur Chevening en die Petrofund aangebied.
Die program ken beurse toe aan uitstaande presteerders met leierskappotensiaal van dwarsoor die wêreld om ten volle gefinansierde nagraadse kursusse aan Britse universiteite te doen. Toekennings aan Namibiërs is gewoonlik vir jaar lange meestersgrade aan enige universiteit in Brittanje.
Terwyl hulle studeer, sal studente toegang tot 'n uiteenlopende reeks eksklusiewe akademiese-, professionele- en kulturele geleenthede hê.
Meer as 1 500 beurse word vir 2018-'19 wêreldwyd beskikbaar gestel en is 'n betekenisvolle belegging deur die Britse regering in die ontwikkeling van toekomsleiers, lui die verklaring van die hoëkommissariaat.
Me. Jo Lomas, Brittanje se hoëkommissaris in Namibië, sê: “Dit is 'n fantastiese geleentheid om Brittanje en Namibië se opvoedkundige bande te versterk en Namibië se toekomstige leiers die geleentheid te bied om hul curriculum vitae 'n hupstoot te gee.
“Die Namibiese Chevening-alumni is 'n klomp talentvolle, deurdagte en energieke mense wat vasberade is om hul studies te gebruik om 'n verskil in Namibië te maak.
“Om deel van die Chevening-netwerk te wees, bring 'n gevoel van trots en verantwoordelikheid mee. Ek het persoonlik gesien hoe hierdie geleentheid mense se lewens verander.
“Ek moedig dus meer Namibiërs aan om die geleentheid aan te gryp om aan sommige van die wêreld se beste universiteite te gaan studeer.”
Die 10 suksesvolle kandidate wat vir studies in Brittanje in die 2017-'18 akademiese jaar gekies is, vertrek aan die einde van Augustus of vroeg in September na die onderskeie universiteite.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie