Aansporing, opvoeding en steun vir kleuters

Tanja Bause
Tanja Bause - Vir die afgelope 14 jaar ondersteun die liefdadigheidsorganisasie Step out of Poverty through Encouragement, Education and Support (S.P.E.S.) al minderbevoorregte kinders in en om Windhoek.

Hulle is by 25 informele kleuterskole in die Okuryangava-, Havana-, Hakahana-, Otjomuise- en Greenwell Matongo-informele nedersetting, asook in Katutura, betrokke.

Die organisasie ondersteun sowat 1 700 kinders jonger as ses jaar, en 80 onderwysers.

“Ons ondersteun die skole deur ’n holistiese program wat basiese behoeftes soos kos en skryfbehoeftes insluit. Behoorlike onderrig aan die kinders, opleiding en mentorskap vir onderwysers op verskillende vlakke en blootstellingsgeleenthede is ook deel van die program.

“Verder help ons met skoolstrukture en die emosionele, fisieke en maatskaplike welsyn van die kinders en onderwysers. Alles is daarop gemik om die kinders en onderwysers te help om hul eie unieke potensiaal te bereik,” het me. Anneke Kruger van S.P.E.S. gesê.

Die organisasie het in die afgelope twee jaar vier klaskamers, ’n muur en ’n heining by van die kleuterskole gebou.

Hulle het ook twee klimrame herstel en twee skole oorgeverf.

S.P.E.S. het verskeie projekte, onder meer ’n winterprojek wat kinders van komberse en warm klere voorsien, en ’n vakansieklub vir kinders met toepaslike aktiwiteite en ’n ervaring van die see.

Vir dié projek word een skool gekies waarvan die kinders en onderwysers Swakopmund toe geneem word.

“Dit is elke jaar baie spesiaal om te beleef hoe die kinders en onderwysers die see vir die eerste keer in hul lewens sien. Die warm klere wat hulle ontvang, is vir baie die enigstes wat hulle vir die hele winter sal kry. Plaaslike besighede en organisasies is betrokke by skenkings en die uitdeel van items.”

S.P.E.S. het ook vennootskappe met tandartse, oogkundiges en spraakterapeute gesluit om dié dienste vir die kinders en onderwysers moontlik te maak.

“Twee vierjarige meisies het verlede jaar elk ’n bril ontvang. Hulle kan nou vir die eerste keer behoorlik sien. Danksy gereelde spraakterapie kon ’n seun vanjaar met graad een by ’n hoofstroomskool begin.

“Hy sou volgens sy oorspronklike diagnose ’n skool vir kinders met spesiale behoeftes moes bywoon.”

Vier van die skole se hoofde dien op die S.P.E.S.-raad.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!