Aansporings 'beter as strafmaatreëls'
'n Voorstel is dat die regering elke persoon wat ten volle ingeënt is N$1 000 as aansporing betaal om die doelwit van 1,5 miljoen ten volle ingeënte inwoners eerder vroeër as later te behaal.
Henriette Lamprecht – Dit help nie maatskappye en die regering bied aansporings aan vir mense om hulle te laat inent en daar is nie entstowwe beskikbaar nie.
“Mense is skepties en sinies oor die regering en sy motiewe oor prosesse wat lank terug reeds gebeur het en dit nou aan die hakskeen byt. Mense wat maatskaplik en polities uitgesluit is, hoekom sal hulle vir die regering luister? Dis ‘n uitdrukking van wantroue in die regering.”
Volgens mnr. Christie Keulder, ’n navorser by Survey Warehouse, help dit nie die regering bied aansporings vir inentings teen Covid-19 nie, net om verwagtinge te skep en dan weer mense se vertroue te skend nie.
Volgens hom is daar talle kreatiewe maniere om as aansporing te gebruik, maar dis nie so eenvoudig nie, veral as mens nie ‘n waarborg kan kry nie.
“Alles gaan oor die staat se vermoë.”
Keulder verwys na lande soos Amerika en Europa waar aansporings reeds gebruik word om mense so ver te kry om hulle te laat inent.
Hy verwys ook na aanvanklike of indirekte koste wat gedek kan word waar ‘n persoon vergoed word vir die tyd wat hy of sy by die werk afneem, die vervoer na die immuniseringspunt en dan die proses wat dit vir die tweede spuit herhaal.
Hy maan aansporings maak die deur egter oop vir “alle soort wheels and deals”.
“Dit is egter tog waar wat die individu doen, het gevolge vir ander.”
Hy verwys na wette wat sê “jy mag nie steel nie” en as dit gebeur, hou dit negatiewe gevolge vir die individu in en die staat gryp in.
“Dit is tog positief om myself te laat inent, want so beskerm ek my kollegas en kliënte. Hoekom skep die regering nie aansporings nie, ‘n maatskappy is ideaal in dié opsig.”
Met verwysing na arbeidswette is daar volgens hom “baie definitiewe maatskaplike vooroordeel”.
“Alles gaan oor die werkers, maar een maatskappy se werker is ‘n ander se kliënt.”
Volgens Keulder wil mense besighede beskerm deur kliënte te beskerm.
“As die mark toemaak, wie gaan daaronder ly? Jy moet namens werkers optree in die werkers se belang sodat die mark kan aangaan.”
Hy verwys na ‘n mediese fonds in Suid-Afrika wat nou lede wat nie ingeënt is nie, hoër premies laat betaal.
“Diabete en rokers betaal klaar meer. Die ou wat nie ingeënt is nie, is ‘n onregverdige risiko vir ander. Jy help ander as jy inent en skep so gevolge. Jy moet ‘n keuse maak, indien nie, verbeur jy sekere regte.”
Om te sê met inentings kan mense se lewe na normaal terugkeer, is volgens hom nie genoeg van ‘n aansporing nie.
Hy noem as aansporingsvoorbeeld sjebeens wat weer oopgemaak en as immuniseringspunte gebruik word.
“Jy maak dit oop as die werker en die kliënt ingeënt word.” Ook taxibestuurders wat mense na immuniseringspunte vervoer kan vergoed word vir elke persoon wat hulle na so ‘n punt vervoer.
“Jy bied ‘n geleentheid wat voordele vir albei inhou.”
Intussen het die uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), mnr. Graham Hopwood, voorgestel dat die regering elke persoon wat ten volle ingeënt is N$1 000 as aansporing betaal. Dit sal volgens hom Namibië in staat stel om die doelwit van 1,5 miljoen ten volle ingeënte inwoners eerder vroeër as later te behaal. Hy verwys ook na alternatiewe soos lugtyd of geskenkbewyse.
Hopwood erken die regering is in ‘n moeilike finansiële situasie daarom dat ondersteuning van die private sektor en skenkers gesoek sal moet word.
“Individuele betalings kan ook ondersteun word deur die private sektor deur moontlik ‘n nasionale inentingsfonds te stig,” het hy gesê.
Hy het gemaan die land kan nie wag tot 2026 om die immuniseringsdoelwit van 1,5 miljoen inwoners te haal nie.
“Die ekonomie moet lank voor dit open. Massa-inentings is die sleutel om die ekonomie weer aan die gang te kry.
Hopwood het gesê “aansporingsimmunisering” is verkieslik bo entstofmandate in terme van menseregte.
Volgens hom wil dit voorkom asof die regering nie gou ‘n duidelike besluit oor inentingsaansporings gaan maak nie.
“Intussen kan die private sektor daarna kyk om hul werknemers deur middel van bonusse of ekstra verlofdae aan te moedig om hulself te laat inent. Weer eens is dit verreweg meer verkieslik as om werknemers wat hulle nie laat inent nie, te straf soos wat sommige maatskappye buite Namibië gedoen het.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie