Aanstelling van Kanime se opvolger sloer voort
Stad wou onthulling al maande gelede gedoen het
Ogone Tlhage – Die raad van die Windhoek-munisipaliteit (CoW) het misluk in sy pogings om 'n opvolger vir die stadspolisiehoof Abraham Kanime aan te stel, nadat die besluit geneem was om 'n nuwe polisiehoof op die laatste teen Junie aan te stel.
Hoewel die “progressiewe magte” in die raad in Maart daarin geslaag het om Kanime van sy administratiewe magte te ontneem, het pogings om sy plaasvervanger te vind nog nie resultate opgelewer nie
Uit die raadsdokumente blyk dit dat reeds op 16 Maart besluit is die nuwe aanstelling moet as 'n saak van dringendheid afgehandel word.
TYDLYN
Die raad het 'n tydlyn aangeneem waarin hy onder meer teen April 'n keuringskomitee wou saamstel en aankondig, terwyl benoemings teen Mei by die waarnemende uitvoerende hoof van die CoW en die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, ingedien moes word.
'n Kortlys moes dan in Junie by die bestuurskomitee ingedien word, terwyl die nuwe stadspolisiehoof veronderstel was om vandeesmaand op 'n kennisgewinggrondslag met sy of haar ampstermyn te begin.
Die raad het ook besluit die waarnemende uitvoerende hoof kry die mandaat om die Namibiese polisie, die weermag (NDF) en die Sentrale Intelligensiediens te betrek om die keuringskomitee te benoem en dat dié keurkomitee hul benoemings aan Mayumbelo en Ndeitunga sou voorlê.
Daar is ook van Mayumbelo verwag om die modaliteite rakende die werwing van die nuwe stadspolisiehoof te bepaal.
“Omdat die keuringsprosesse nie uitdruklik uiteengesit word in die Windhoekse munisipale polisiediensregulasies of die werwingsprose van die stadspolisiediens nie, sal die waarnemende uitvoerende hoof die mandaat kry om die metodes en modaliteit van die verkiesing van die stadspolisiehoof te bepaal,” lui die resolusie.
Nie die voorsitter van die bestuurskomitee, mnr. Fillemon Hambuda, óf dr. Job Amupanda, burgemeester van Windhoek, het gereageer op vrae oor die rede agter die vertraging nie.
AANLOKLIKE PAKKET
Kanime het 'n nuwe driejaarkontrak ten bedrae van ongeveer N$6,6 miljoen gekry, het die dagblad New Era in April 2020 berig.
Aangesien hy veronderstel is om volgende maand af te tree, het hy die aanbod aanvaar, wat neerkom op ongeveer N$2,2 miljoen per jaar, of 'n maandelikse pakket van net meer as N$182 000.
Volgens sommige in die CoW se binnekringe was Kanime se heraanstelling strydig met die stadspolisie se diensregulasies.
Die hoërhof het egter beslis dat Kanime van nuuts af vir sy pos moet aansoek doen, nadat die hof die driejaar-verlenging van sy kontrak, wat deur die vorige Swapo-beheerde raad goedgekeur is, as onwettig bevind het.
Dié hofuitspraak was die gevolg van 'n aansoek deur mnr. Ignatius Semba, 'n voormalige lid van die Popular Democratic Movement (PDM), wat die hooggeregshof gevra het om te keer dat die raad wel die besluit uitvoer om Kanime weer as stadspolisiehoof aan te stel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie