Aanval in kerk in Abudja eis 11
Aanval in kerk in Abudja eis 11

Aanval in kerk in Abudja eis 11

Nigerië
NAMPA
11 mense is in 'n aanval op 'n kerk in Abuja, Nigerië, doodgeskiet en 18 gewond.

Volgens amptenare is daar 'n vete onder lede van die gemeenskap van Ozubulu.

Die aanvallers het gedink hul teiken was in die kerk, maar toevallig was hy nie, het Garba Umar, hoof van die polisie in die provinsie Anambra gesê.

Volgens hom kan die vete te make hê met dwelmhandel.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die suidooste van Nigerië is oorwegend Christelik en die voorval was 'n uitsonderlike geweldsdaad in 'n kerk.

In die res van die land is daar baie geweldpleging deur hoofsaaklik die Islamitiese Boko Haram, wat sedert 2009 al na raming meer as 20 000 mense doodgemaak het. Dit het een van die wêreld se grootste humanitêre krisisse veroorsaak. –Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!