Aanval op Iran se parlement

Sewentien mense is dood en talle beseer.
Sewentien mense is Woensdagoggend dood en meer as 40 mense beseer nadat aanvallers by Iran se parlementsgebou in Teheran ingestorm en gyselaars geneem het.

’n Ander groep aanvallers het by ’n monument van die ajatolla Roeholla Chomeini ’n paar kilometer suid van die stad op besoekers losgebrand en ’n selfmoordbom laat ontplof.

Die nuusagentskap Tasnim berig die vyf aanvallers het vier mense in die parlementsgebou gyselaar gehou. Dié inligting is egter nog nie bevestig nie.

Elias Hazrati, ’n lid van die parlement, het aan die staatstelevisiekanaal gesê drie aanvallers – een met ’n pistool en twee met AK-47-gewere – het die parlementsgebou in die middestad aangeval.

’n LP sê een aanvaller is deur veiligheidsmagte vasgekeer en al die deure van die gebou is toegemaak.

’n Joernalis wat in die gebou was, sê: “Almal was geskok en bang. Ek het gesien hoe twee mans lukraak skiet.”

By die monument is talle mense beseer, berig ’n TV-stasie.

Die staatsnuusagentskap IRNA berig ’n amptenaar by die monument sê die aanvaller het mense geskiet en daarna ’n selfmoordbom laat ontplof.

Volgens Nampa/PTI is die aanvallers Iraniërs wat by die Islamitese Staat-groep (IS) in Irak en Sirië aangesluit het, het die intelligensieministerie gesê.

"Die vyf bekende terroriste het nadat hulle by IS aangesluit het, die land verlaat en deelgeneem in misdaad wat deur hierdie terroristegroep in Mosul en Raqa uitgevoer is," het die ministerie in 'n verklaring gesê.

Volgens die verklaring is die vyf mans deel van 'n netwerk wat Iran in Julie tot Augustus verlede jaar ingekom het "met die doel om terroristeoperasies in godsdienste stede uit te voer".

Chomeini het die Islamitiese revolusie in 1979 gelei.

Die parlement het na berig word, weer sy verrigtinge hervat. - Netwerk24/Nampa/TPI

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!