Aanval ruk Outjo
Aanval ruk Outjo

Aanval ruk Outjo

Teen gistermiddag was die Namibiese polisie asook buurtwagte hard op soek na ’n verdagte wat ’n egpaar in ’n lokval in gelei het en die man geskiet het.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Teen saktyd gistermiddag is mense vir ondervraging na die Outjo-polisiekantoor gebring in verband met die skietaanval op mnr. André Shepherd (55).

Niemand was teen dié tyd in hegtenis geneem nie.

Shepherd is Maandag tussen 20:00 en 21:00 geskiet en gewond terwyl hy en sy vrou, Belinda, van Outjo af op pad terug na die plaas Gemsbokoord was.



Die plaas is sowat 90 km suidwes van Outjo op die Khorixas-pad geleë.

Die Shepherds was reeds op die plaas en het in die gruispad op pad na hul huis op klippe en takke afgekom wat in die pad geplaas is.

Shepherd het glo uitgeklim om dit te verwyder toe hy in die bors geskiet is.

Die koeël het sy hart gemis, maar het volgens gemeenskapslede ’n long getref.

Die egpaar het na hul bure gejaag waar paramedici Shepherd kom haal het.

Hy is glo op Outjo gestabiliseer, waarvandaan hy per ambulans na Windhoek vervoer is, waar die koeël verwyder sal word.

Gemeenskapslede sê Shepherd het ná die voorval swaar inwendige bloeding gehad, maar het in ’n stabiele toestand verkeer.

Adj.komm. Naukalemo Andreas, die polisie se koördineerder vir misdaadondersoeke in die Otjozondjupastreek, het die voorval aan Nampa bevestig en gesê ‘n saak van poging tot moord is intussen by die polisie aanhangig gemaak.

Mnr. Thinus Pretorius, voorsitter van die Joint Crime Prevention Forum (JCPF) en die Otjiwarongo-misdaadvoorkomingsforum, sê die buurt- en plaaswagte in die omgewing is op voetsoolvlak betrokke by die ondersoek en daar was selfs sprake dat ‘n polisiehelikopter ingespan sou word.

Die vermoede is dat ’n plaaswerker, met wie Shepherd ’n onderonsie oor geld gehad het, vir die skietvoorval verantwoordelik kan wees.

Pretorius sê foto’s van die verdagtes is intussen versprei. Op sosiale media word gewaarsku die verdagte is gewapen.

Hy sê hy is Maandagaand van die voorval in kennis gestel en het Dinsdagoggend vroeg die polisie gehelp om toegang tot die plaas te kry en om deur die forum se strukture verdere inligting te bekom.

“Dit was ook die eerste geleentheid waartydens die forum sy landelike veiligheidsplan in die praktyk kon toets.

“Daar is altyd ruimte vir verbetering, maar dit werk,” het Pretorius gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!