Aanvalle in Gazastrook ergste in jare
Aanvalle in Gazastrook ergste in jare

Aanvalle in Gazastrook ergste in jare

Volgens 'n Israelse weermaghoë is dit die grootste offensief sedert 2014.
Israelse vliegtuie het Saterdag mili­têre teikens in die Gazastrook aangeval, terwyl Palestyne tientalle mortierbomme en vuurpyle na Israel gevuur het.

Die aanvalle is bestempel as die ergste in jare.

“Ons praat hier van die grootste offensief sedert 2014,” het brig.genl. Tzvika Haimovoc van die Israelse weermag aan joernaliste gesê.

Volgens die Israelse weermag is meer as 40 teikens getref in militêre basisse van Hamas, die Islamitiese groep wat die Gazastrook beheer.

Die kragtige ontploffings het huise geruk en swart rookwolke het in die lug gehang bokant die plekke waar die bomme geval het.

Militante in Gaza het meer as 50 mortierbomme afgevuur in die rigting van Israel. Dit het sirenes laat afgaan en Israelse burgers het gevlug om skuiling te soek teen die aanval.

Die onluste het Vrydag begin toe duisende Palestyne aan die grens met Israel byeengekom het vir die weeklikse betogings wat nou al vir die vierde maand aangaan.

Intussen sê gesondheidsbeamptes in Gaza Israelse troepe het 'n Palestynse tiener doodgeskiet. 'n Tweede betoger is ook Saterdag aan sy wonde dood.

Volgens die Israelse weermag het betogers Vrydag brandende binnebande, klippe en ploftoestelle na sy soldate gegooi. Een van sy soldate is glo gewond deur 'n Palestynse handgranaat wat oor die grensdraad gegooi is.

Ure later het die Israelse weermag 'n reeks lugaanvalle op Gaza uitgevoer. Palestynse militante het geantwoord deur projektiele na Israel te skiet, waarna die Israelse lugmag nóg aanvalle uitgevoer het. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!