Aanvalle op vragmotors in W-Kaap skerp veroordeel
Die Wes-Kaapse departement van vervoer het Maandag die aanvalle op vragmotors en die versperring van paaie in die provinsie skerp veroordeel en gewaarsku dat dit 'n ernstige uitwerking op die ekonomie kan hê.
Verskeie paaie in die Suidwes-Kaap was Maandag van vroegoggend af gesluit weens vragmotors wat met klippe bestook en aan die brand gesteek is, of vragmotors wat paaie versper het.
Bonginkosi Madikizela, LUR vir vervoer en openbare werke, het in 'n verklaring gesê dit het tot hewige vertragings en ongerief vir padgebruikers gelei.
Madikizela sê hy vergader gereeld met groepe wat langafstand-vragmotorbestuurders verteenwoordig om hul veiligheid op die provinsie se paaie te bespreek.
Volgens Madikizela is dit veral kommerwekkend dat vakbonde van die nasionale bedingingsraad vir padvragvervoer en logistiek glo ontken dat hulle vir die optrede verantwoordelik is, en sê dat dit deur “onbekende entiteite” gereël word.
Luidens Madikizela se verklaring word verkeersbeamptes op strategiese plekke ontplooi om seker te maak dat die provinsie se paaie veilig is.
Groepe wat glo sommige vragmotorbestuurders verteenwoordig, het die naweek gesê dat hulle van Maandag af gaan staak oor die indiensneming van buitelanders.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie