Aanvallers slaan noord en suid
Henriette Lamprecht - ’n Dag nadat ’n bejaarde man wreed op ’n kleinhoewe buite Otavi aangerand en vir dood agtergelaat is, is ’n geliefde en bekende inwoner van Karasburg in sy huis oorval, verwurg en beroof. Die 81-jarige mnr. Alec Kriel van Otavi word in Tsumeb vir ernstige kopbeserings behandel, terwyl die 63-jarige mnr. Tillian Walters van Karasburg in ’n koma in ’n hospitaal in Kimberley, Suid-Afrika opgeneem is waar hy om sy lewe veg.
Walters is Woensdag omstreeks 09:00 deur sy broer Andrew in sy huis gevind waar hy vasgebind in sy kamer gelê het. Volgens sy broer is die vermoede dat Tillian, die eienaar van ’n drankwinkel en slaghuis op Karasburg, reeds Dinsdagaand in sy huis oorval is. Hy was ten tyde van die voorval alleen tuis, omdat sy vrou op besoek aan Suid-Afrika was.
Volgens Andrew moes Tillian Woensdag na Upington reis.
Twee van sy werkers is vooruit en onraad is vermoed toe hy nie daar opgedaag het nie.
"Een van sy werkers het die Dinsdagaand die bakkie by hom gaan laat. Toe Tillian nie in Upington uitkom nie, het die werker Woensdagoggend gaan kyk of hy by die huis is. Hy het gesien Tillian lê op die vloer en hy het my toe gebel."
Tillian is bewusteloos gevind waar hy vasgebind in sy kamer gelê het.
"Sy hande en voete is oorkruis met nywerheidskleefband vasgebind."
Hy is ná ’n deeglike ondersoek en x-straalplate deur ’n plaaslike dokter per ambulans na Upington vervoer waar hy verder per vliegtuig na Kimberley vervoer is. Volgens Andrew het Tillian nog nie sy bewussyn herwin nie en hy het breinskade opgedoen.
"Hy is steeds in ’n koma. Hy is verwurg wat veroorsaak het dat die suurstof na sy brein afgesny is. Hy het skade aan die regterbrein opgedoen."
Tillian se vrou en hul kinders wat in die Kaap studeer, waak by hom in die hospitaal.
Volgens Andrew is sy broer se bakkie waarmee die aanvaller(s) gevlug het, Woensdag 23 km buite Keetmanshoop op die pad na Grünau gevind.
"Ons het geen idee hoeveel aanvallers was betrokke of wat presies gesteel is nie."
Hy het namens die familie ’n beroep op die land en sy mense gedoen om saam te staan teen "sulke mense" en enige moontlike inligting wat tot hul in hegtenisneming kan lei, met die familie en die polisie te deel. Andrew kan by 081 124 7526 geskakel word, terwyl Tillian se seun, Gershwin, by 081 273 1021 gekontak kan word.
Intussen het die woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinspekteur Kauna Shikwambi, bevestig dat geen verdagtes nog in verband met die voorval in hegtenis geneem is nie.
Volgens Shikwambi is ’n saak van roof, poging tot moord en diefstal van ’n voertuig geopen.
Sy het bevestig dat Tillian se bakkie buite Keetmanshoop gevind is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie