Aanvallers vlug met geld, wapens ná plaasroof

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Teen laat gister was niemand nog vasgetrek in verband met die aanval Saterdagaand op die bejaarde eienaar van die plaas Aberfelde buite Otjiwarongo en sy lewensmaat nie.

Hulle het vir bykans 12 ure vasgebind in hul slaapkamer op hulp gewag nadat vyf mans hulle aangerand en van 'n groot bedrag kontant, vuurwapens en selfone beroof het.

Dié plaas is sowat 30 km wes van Otjiwarongo langs die teerpad na Kalkfeld geleë.

Mnr. Jochen Gomoll (76) en me. Christine Riedmaier (­ouderdom onbekend) is gister in die ­Mediclinic private hospitaal op Otjiwarongo vir skok en die ­beserings wat hulle opgedoen het, behandel.

Mnr. Marlon Bayer, stigterslid van die buurtwag op ­Otjiwarongo, sê die plaasaanval het vroeg Sondag aan die lig gekom toe 'n werker op die plaas die bejaardes in hul slaapkamer gevind en hulp ontbied het.

Bayer het hom saam met die polisie na die plaas gehaas.

Dit blyk Gomoll het Saterdagaand kamer toe gegaan om te gaan slaap, terwyl Riedmaier nog buite langs die vuur gesit het. Sy is omstreeks 19:20 deur die mans oorval en die huis in gedwing. Vier van die vyf mans was gewapen.

Die egpaar is vasgebind, waarna die geld en vuurwapens saam met dokumente soos hul paspoorte uit die kluis gesteel is.

Bayer sê die mans het te voet in die rigting van Otjiwarongo gevlug. “Hulle het die jaggewere en dokumente langs die pad neergegooi en is net met kontant, 'n rewolwer en twee selfone verder vort.” Dit blyk hulle is sowat 3 km vanaf die plaasopstal deur 'n voertuig opgelaai.

Mnr. Thinus Pretorius, voorsitter van die Otjiwarongo Boerevereniging asook die Lewendehawepro­dusente-organisasie (LPO), het plaas­eienaars in die omgewing ­gisteroggend op 'n WhatsApp-groep versoek om waaksaam te wees en op die uitkyk te wees vir mense wat verdag optree.

Hy het ook gesê beeldmateriaal van die kameranetwerk op Otjiwarongo word deur die buurtwag gemonitor in 'n poging om die voertuig waarmee hulle vervoer is, op te spoor.

Laat gister het adj.komm. Nelius Becker, hoof van die eenheid wat ­ernstige misdade ondersoek, gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!