Aanvraag na voedsel duik noodgedwonge
Volgens ’n vooruitskouingsverslag sal groei in die aanbod van landbouproduksie die aanvraag oor die volgende tien jaar oorskry.
Elvira Hattingh
Wêreldwye inperkings weens die Covid-19-pandemie sal na verwagting die vraag na landbouproduksie in die volgende paar jaar onderdruk. Terselfdertyd kan dit ook voedselsekuriteit ondermyn.
Dit volgens ’n landbouvooruitskouingsverslag vir vanaf 2020 tot 2029, wat in Julie gesamentlik deur die Organisasie van Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OECD) en die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) uitgereik is.
Volgens die verslag sal groei in die aanbod van landbouproduksie die vraag daarna oor die volgende tien jaar oorskry. Dit sal na verwagting veroorsaak dat die pryse van kommoditeite tot onder huidige vlakke daal.
“Skommelinge in die faktore wat vraag- en aanbod dryf, kan tot sterk wisselvalligheid in pryse lei. Terselfdertyd sal die vermindering in besteebare inkomste in lae-inkomste lande en huishoudings, vraag onderdruk. Dit kan voedselsekuriteit verder verswak. Hierdie geld veral tydens die eerste jare van die vooruitskouing.”
Volgens die verslag verswak onsekerhede, wat met die pandemie verbind word, landbouvooruitsigte oor die medium termyn.
Van die redes hiervoor sluit in dat dit ongekende onsekerhede in globale voedselverskaffingskettings veroorsaak, asook verantwoordelik kan wees vir potensiële bottelnekke in arbeidsmarkte, landbouproduksie, kosverwerking, vervoer en logistiek. Dit bring ook ’n verskuiwing in die aanvraag na kos en kosdienste mee.
“Oor die kort termyn sal die pandemie se ekonomiese en maatskaplike impak die positiewe vooruitsigte in die medium termyn vir wêreldwye landbouproduksie en voedselverbruik onderdruk,” word in die verslag gesê.
“Regerings moet uitdagings die hoof bied om gebalanseerde beleide te skep wat in onmiddellike behoeftes voorsien.
“’n Groeiende wêreldbevolking bly die grootste dryfveer vir ’n groei in die aanvraag na landbouprodukte, al verskil verbruikerspatrone en tendense oor lande heen volgens hul vlakke van inkomste en ontwikkeling.
“Die gemiddelde voedselbeskikbaarheid per capita sal na verwagting teen 2029 op sowat 3 000 kilokalorieë (kcal) en 85 gram proteïen per dag staan.
“Vanweë die voortdurende, wêreldwye tendens om na ’n dieet om te skakel waarin meer diereprodukte, vette en ander kosse geëet word, sal stapelvoedsels se aandeel in die voedselmandjie na verwagting teen 2029 krimp. Dit geld vir alle inkomstegroepe.”
Verbruikers in middel-inkomste lande sal na verwagting algaande hul inkomste op hoër waarde kosse bestee, eerder as op stapelvoedsel.
Hierteenoor is kommer oor omgewings- en gesondheidskwessies in hoë-inkomste lande die dryfveer vir ’n oorskakeling van dieregebaseerde proteïen na alternatiewe bronne van proteïen.
NAMIBIË
Die scenario geld ook vir Namibië, met kenners wat meen die inperking het chaos in die landbousektor en -waardeketting geskep en sal na verwagting hongersnood en wanvoeding onder Namibiërs vererger.
Volgens kenners wat in Augustus by ’n webinaar deur die Friedrich Ebert Stiftung gepraat het, beteken vanjaar se rekordmielie-oes nie dat Namibië voedselsekuriteit het nie. Die rede is dat talle Namibiërs weens die inperking hul inkomste verloor het en kos nie langer meer so bekostigbaar of toeganklik is nie.
Volgens ’n ontleding in Julie oor voedselsekuriteit deur die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se kwesbaarheidsevaluering en -ontledingsprogram (RVAA), dreig ’n hongersnoodpandemie ná Covid-19-inperkings.
Na verwagting sal hongersnood in dorp- en stedelike gebiede ’n hoogtepunt tussen November vanjaar en Januarie 2021 bereik, waarsku die verslag.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie