Aanvullende dosisse vir almal ouer as 18 jaar
Alle persone ouer as 18 jaar wat ten volle ingeënt is, kan nou vir 'n aanvullende dosis (booster shot) teen Covid-19 gaan. Dit sluit Pfizer, Sinopharm, AstraZeneca en Johnson & Johnson in. Die aanvullende dosis hoef nie dieselfde as die eerste twee dosisse te wees nie bv. Sinopharm Sinopharm Pfizer. Die tydperk tussen die laaste en die aanvullende dosis is ses maande. Vir persone met 'n verswakte immuniteit weens onder meer kanker en MIV is die tydperk tussen die laaste en aanvullende dosis een tot drie maande. Vir inwoners ouer as 60 jaar is die drie tot ses maande.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie