Aardbewing skud Karibib-omgewing
Aardbewing skud Karibib-omgewing

Aardbewing skud Karibib-omgewing

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - ’n Aardbewing, wat sowat 3,9 op die Richterskaal gemeet het, het gister omstreeks 01:46 sowat 85 km suid van Karibib voorgekom.

Die ministerie van myne en energie het die inligting bevestig en sê ses van hul seismiese stasies het dit opgetel, naamlik die in Windhoek, Kamanjab, Opuwo, Karibib, Aus en Ariamsvlei.

“Die aarbewing het sy oorsprong vlak in die aardkors gehad teen ’n diepte van minder as 10 km. ’n Naskok is ook om 04:13 op dieselfde plek geregistreer,” het me. Gloria Simubali, die adjunk- uitvoerende direkteur van die ministerie se Geologiese Opname gesê.

Sy het mense in ’n verslag gewaarsku om in die geval van ’n aardbewing te probeer om na buite te gaan of binne deurkosyne of onder tafels te gaan staan.

“As jy buite geboue is, vind ’n oop plek weg van geboue, bome en kraglyne. Bly weg van vensters en pas op vir voorwerpe wat kan val,” het sy gesê.

Dit volg ná ’n aardbewing van 4,7 op die Richterskaal vanjaar op 26 Mei in die Etosha Nasionale Park voorgekom het.

Namibië se noordooste is bekend daarvoor dat ligte aardskuddings relatief gereeld daar voorkom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!