Aardverhitting dwing San tot boerdery
Agt-en-dertig gemeenskappe by Tsumkwe is reeds selfversorgend.
Tanja Bause – “Tye het verander. Toe ek jonger was, het ek in die veld na kos gaan soek en gejag. Die bos roep soms nog steeds, maar ek kan nou nie my tuin of my beeste alleen los om in die bos te gaan rondloop nie. Ek is nou 'n boer,” sê mnr. N!aici Cwi van die !Ao!a-nedersetting buite Tsumkwe.
Cwi is een van talle San-mense wat deur die Nyae Nyae Development Foundation opleiding in landbou en beesboerdery ontvang het. Hy het ook onder meer beeste, hoenders en sade van hulle ontvang. !Ao!a is een van 38 nedersettings waar die program al vir sowat 10 jaar geïmplementeer word.
Volgens mnr. Gabriel Hipandulwa, programbeampte van die stigting, het die fonds begin om die gemeenskappe te help om hul waterinfrastruktuur te beveilig.
“Ons het baie olifante wat die infrastruktuur beskadig het en ons het die infrastruktuur beveilig. Daarna het ons met ons lewensbestaanprojek begin. Ons het vir die gemeenskappe geleer om tuine aan te lê en vrugtebome te plant. Daarna het ons beeste, hoenders en bokke ingebring en hulle geleer om met diere te boer. Dit is deel van ons geïntegreerde benadering. Die beesmis word as bemesting in die tuine gebruik en die blare en plante wat oorbly, word aan die beeste gevoer. In die toekoms wil ons die San ook leer om meer veekos soos lusern aan te plant.”
Tradisioneel leef San-gemeenskappe van veldkos, maar met klimaatsverandering word dit al hoe meer 'n uitdaging.
“Deur die tuin- en veeprojek word die druk op die natuur verlig en is die San selfversorgend en het hulle 'n groter sin van bemagtiging en voedselsekuriteit.
“Deur die kombinering van die projekte en hul tradisionele veldkosse het die San 'n lewensvatbare toekoms waar wilde diere, lewende hawe en landbou hand aan hand met boskos gaan.”
Cwi het in 2013 met sy tuin in !Ao!o begin. Behalwe koejawel, papaja, moringa en sitrusbome, het hy 'n verskeidenheid groente van beet, soetrissies, brandrissies, kool tot spinasie en uie geplant.
“Die soetpatat wou nie groei nie, maar dit was voordat ek die beeste gekry en hul mis gebruik het. Ná ek begin het om die mis te gebruik, groei alles baie goed en kan ek my familie voed. Ek gee ook soms van die groente vir ander mense in die nedersetting.”
Mnr. Erns Kambangula wat op Witbos woon, het ook twee jaar gelede met 'n groentetuin begin.
“Ek was in Swakopmund in die skool en ná skool het ek in 'n tuin gewerk. Die eienaar van die tuin het my alles van die aanplant van groente geleer. Nadat ek terug huis toe gekom het, het ek onmiddellik met my eie tuin begin. Die mense van die Nyae Nyae Development Foundation het gesien ek is baie ernstig oor my tuin en het my begin help. Ek het my tuin met takke beskerm en hulle het my gehelp om dit te omhein.”
Die stigting het ook saad aan hom gegee wat hy geplant het.
“Ek het van die groente nie geoes nie sodat dit weer saad kon maak. Nou maak ek my eie saad. Ek het ook 'n appel geëet en die saad geplant. Ek het ses appelbome gehad en van hulle vir my bure gegee.”
Hy het ook hoenderkos gekoop en die sonneblomsaad geplant wat daarin was; nou voer hy die saad vir sy hoenders.
“Ek verkoop my groente op Tsumkwe en maak daardeur geld waarmee ek my kinders en familie help. Ons het ook baie vars groente wat ek self geplant het.”
Die stigting het hom geleer om kompos te maak wat hy in sy tuin gebruik, asook die mis van sy bokke en beeste.
“Ons is nou besig om mense te leer hoe om saad te maak sodat hulle selfversorgend kan wees en nie van ons en ons saad afhanklik is nie,” het Hipandulwa gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie