AB InBev se aandeelprys val ná swak resultate
Die prys van Anheuser-Busch InBev (AB InBev) se aandele tuimel nadat hy vir die sesde agtereenvolgende kwartaal sy winsteikens misgeloop het.
Dit toon ook duidelik waarom die vervaardiger van Budweiser nodig gehad het om US$103 miljard te bestee om SABMiller as ''n kruk te koop.
Sy aandeelprys het met tot 3,75% gedaal, die grootste daling sedert Junie. Dit het AB InBev se markwaarde tot US$238 miljard verminder.
Die daling plaas die maatskappy se posisie as Europa se grootste maatskappy gemeet aan markwaarde in gevaar. Hy het dié topposisie vroeër vandeesmaand bereik toe die SABMiller-oorname ná ''n jaarlange proses gefinaliseer is.
Die maatskappy se grootste probleme lê in Brasilië, sy naasgrootste mark, waar die afname in verbruik vererger is deur ''n besluit om prysverhogings tot die vierde kwartaal van sy boekjaar uit te stel.
AB InBev benodig nou meer as ooit die jaarlikse besparing van US$1,4 miljard wat sy samesmelting met SABMiller behoort mee te bring.
Die maatskappy het ook sy vooruitgeskatte inkomste verlaag en verwag nou nie meer dat sy groei in inkomste vanjaar die inflasiekoers sal verbysteek nie, hoofsaaklik weens die probleme in Brasilië.
Dié land word tans ekonomies swaar beproef en AB InBev se bedryfswins, uitsluitend finansieringskoste en waardevermindering (ebitda), in Brasilië het met 33% getuimel. Inkomste is 6,8% minder.
Die bierreus het ook ''n verlaging van 2% in SABMiller se biervolume aangekondig weens swak verkope in Afrika en ''n vervoerstaking in Colombië.– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie