AB InBev wil 1 000 SA bestuursposte besnoei
Die internasionale bierreus Anheuser Busch InBev (AB InBev) wat in 2016 vir SABMiller oorgeneem het, beoog om sowat 1 000 bestuursposte in Suid-Afrika te besnoei, berig Business Day.
Die maatskappy het vrywillige skeidingspakkette aan meer as 1 000 bestuurders aangebied.
SAB het laas in 1980 deur ’n ronde van afdankings gegaan toe van sy brouerye gemoderniseer is.
Sedertdien het die maatskappy net uitgebrei en geen afdankings was nodig nie.
’n Kennisgewing is op 12 Desember gestuur aan mense in die poste wat in aanmerking kom vir skeidingspakkette.
Die sperdatum om die skeidingspakkette te aanvaar, was 20 Januarie. Die sperdatum is intussen verleng.
Business Day berig ’n personeellid van AB InBev het dit as ’n baie “vrygewige” aanbod beskryf.
AB InBev wou nie aan die koerant sê hoeveel poste deur die skeidingspakkette geraak word nie.
Die maatskappy het beklemtoon hy sal nie ’n verbintenis met Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, en die mededingingsowerhede verbreek nie.
’n Ooreenkoms is met AB InBev gesluit wat vereis sy personeelgetalle sal in Suid-Afrika vir vyf jaar ná die samesmelting dieselfde bly.
Geen gedwonge afdankings kan ooit ná die samesmelting plaasvind nie.
AB InBev mag ook nie aan werknemers op en onder toesighouersvlak vrywillige skeidingspakkette aanbied nie.
Robyn Chalmers, hoof van media en kommunikasie, sê die skeidingspakkette is heeltemal vrywillig en vir mense in poste bó dié vlak.
AB InBev het voor die samesmelting aan beleggers beloof hy gaan 5 500 poste wêreldwyd sny om jaarliks meer as US$1,4 miljard te bespaar. Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie