AB sê gerugte oor kapteinskap 'onwaar'

Krieket
Andrew Poolman
Tinus van Staden – Krieket Suid-Afrika (KSA) het nie vir AB de Villiers gevra om weer die nasionale span te lei nie.

Verskeie Indiese webtuistes het Woensdag berig De Villiers het glo op die Star Sports-program Cricket Connected gesê KSA het hom gevra om “die Proteas weer te lei”, maar De Villiers het aan Netwerk24 gesê dit is nie waar nie.

Hy het dit kort daarna op Twitter herhaal en gesê: “Dis moeilik om te weet wat om deesdae te glo. Mal tye. Bly veilig, almal.”

Dit is geen geheim nie dat Mark Boucher, die Protea-afrigter, gesprekke met De Villiers gehad het oor ’n moontlike terugkeer tot die nasionale span met die oog op die T20-Wêreldbeker-toernooi (T20-WB), wat vir later vanjaar in Australië geskeduleer is.

De Villiers het vroeër vandeesmaand in ’n onderhoud met Rapport gesê hy sal beskikbaar wees as hy fiks en gesond is, maar dis nog te vroeg om hom nou al beslis tot die toernooi te verbind – veral met die Covid-19-pandemie wat die wêreld in onsekerheid gedompel het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!