AB se Protea-dae finaal verby
AB se Protea-dae finaal verby

AB se Protea-dae finaal verby

Krieket
Tinus van Staden – Ná maandelange bespiegelinge en praatjies oor ’n moontlike terugkeer tot internasionale krieket is daar oplaas duidelikheid: AB de Villiers gaan nié weer vir die Proteas speel nie.
Krieket Suid-Afrika (KSA) het Dinsdag die Protea-groepe vir die toer na die Karibiese Eilande in Junie en Julie bekend gemaak en ook bevestig dat De Villiers ná verskeie gesprekke besluit het om nie sy uittrede uit internasionale krieket op te skort nie.
Dít kan moontlik daarop dui dat De Villiers dit oorweeg om binnekort uit alle krieket te tree.
Die groep vir die vyf T20-wedstryde sluit ook nie ander “vrye agente” soos Faf du Plessis of Chris Morris in nie.
Veral die weglating van Du Plessis is ’n vreemde een. Ná sy uittrede uit toetskrieket vroeër vanjaar het hy dit duidelik gemaak dat hy nog beskikbaar is vir T20-krieket, veral met die oog op die T20-Wêreldbeker-toernooi (T20-WB) wat vir Oktober vanjaar in Indië gereël is.
Mark Boucher, die Protea-afrigter, het lankal volgehou die komende tydperk, wat toere na die Windies, Ierland, Sri Lanka en Indië insluit, sal gebruik word om die beste beskikbare span met die oog op die T20-WB saam te stel. Te oordeel na Du Plessis se skitterspel in die Indiese Premierliga (IPL), is hy sonder twyfel steeds een van Suid-Afrika se beste witbalkolwers.
Victor Mpitsang, die nasionale hoofkeurder, het by navraag gesê Du Plessis se weglating beteken nie hy is nie meer in die prentjie nie.
“Die keurpaneel het gemeen hy word nie benodig vir dié toer nie, maar dit beteken nie hy is nie beskikbaar om vir die T20-WB gekies te word nie.”
Die T20-groep bevat een nuweling – die linkshandige snelbouler Marco Jansen, wat ’n goeie IPL saam met die Mumbai Indians beleef het.
In die toetsgroep is daar ook twee nuwelinge – die naatbouler Lizaad Williams en die draaier Prenelan Subrayen.
Williams het vroeër vanjaar sy T20-buiging gemaak, terwyl Subrayen nog nie internasionale krieket gespeel het nie. Dié draaibalbouler was ’n sleutelfiguur in die sukses wat die Dolphins onlangs behaal het.
Hy is saam met George Linde, Keshav Maharaj en Tabraiz Shamsi een van vier draaiers in die toetsgroep.
Sarel Erwee, Kyle Verreynne en Keegan Peterson, wat almal reeds in ’n toetsgroep was, maar nog nie speelkans gekry het nie, is weer by die groep ingesluit.
Raynard van Tonder se weglating is ’n groot verrassing.
• Toetsgroep: Dean Elgar (k), Temba Bavuma, Quinton de Kock, Sarel Erwee, Beuran Hendricks, George Linde, Keshav Maharaj, Lungi Ngidi, Aiden Markram, Wiaan Mulder, Anrich Nortjé, Keegan Peterson, Kagiso Rabada, Rassie van der Dussen, Kyle Verreynne, Tabraiz Shamsi, Lizaad Williams, Prenelan Subrayen, Marco Jansen.
T20-groep: Temba Bavuma (k), Quinton de Kock, Bjorn Fortuin, Reeza Hendricks, Heinrich Klaasen, George Linde, Sisanda Magala, Janneman Malan, Aiden Markram, David Miller, Lungi Ngidi, Anrich Nortjé, Andile Phehlukwayo, Dwaine Pretorius, Kagiso Rabada, Tabraiz Shamsi, Rassie van der Dussen, Kyle Verreynne, Lizaad Williams.
• Die T20-groep sal ook na Ierland reis vir die T20- en eendagreeks, met die toevoeging van Keshav Maharaj.
• Bepalings vir wedstryde teen Windies:
10-14 Junie, 1ste toets, St. Lucia.
18-22 Junie, 2de toets, St. Lucia.
26 Junie, 1ste T20-wedstryd, Grenada.
27 Junie, 2de T20-wedstryd, Grenada.
29 Junie, 3de T20-wedstryd, Grenada.
1 Julie, 4de T20-wedstryd, Grenada.
3 Julie, 5de T20-wedstryd, Grenada.



FOTO
Prenelan Subrayen is by die Proteas se toetsgroep vir die reeks teen die Wes-Indiese Eilande ingesluit. Foto Gallo Images

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!