Abattoirs se donker uur
Abattoirs se donker uur

Abattoirs se donker uur

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die skaap- en beesvleisabattoirs in die land beleef ernstige krisisse.

Skaapprodusente boikot van vandag af die oorblywende twee uitvoerabattoirs van skaapvleis in die Suide.

Verder eis beesprodusente wat by Meatco bemark dat die direksie ’n plan instel wat die abattoir weer winsgewend en internasionaal mededingend sal maak.

Lae produsentepryse en regeringsinmenging is die kruks van beide hierdie krisisse.

In die skaapvleisbedryf het die regering met gedwonge plaaslike bemarkingsvoorskrifte as deel van sy kleinveebemarkingskema die vryemark-beginsels ondermyn.

’n Gemaksone is vir uitvoerabattoirs geskep waarin die prysgaping tussen wat hulle betaal en wat hul kompetisie in Suid-Afrika betaal, al groter geword het. Daardie gaping het nou tot N$18 per kilogram gestyg.

Skaapgetalle het met sowat 800 000 afgeneem sedert die uitvoerbeperking in 2004 ingestel is en Deloitte het in 2012 ná ’n ondersoek reeds daarop gewys die land verloor sowat N$177 miljoen per jaar weens die skaapskema.

Baie tyd, energie en geld is bestee om toegang vir Namibiese beesvleis is voorkeur-uitvoermarkte te bewerkstellig. Vanweë onmededingende pryse kies produsente nou om eerder vir die binnelandse mark te laat slag.

Hulle meen die groot rede vir Meatco se dreigende ondergang is die regering se outokratiese optrede in die aanwysing van ’n direksie wat nie die lede se belange dien nie.

Namibië nie bekostig dat vleisuitvoere in duie stort, die ekonomie miljoene verloor en produsente krepeer nie.

Die skrif is aan die muur vir die regering.

Hef die skaapskema op en staak inmenging by Meatco.

So sê ander

Independant, 24 June 2018

Treat rise in youth knife crime as emergency

The figures for youth knife crime that we report today are shocking. Police forces reported an increase since 2014 from 3,900 knife crimes a year against under-25s to 6,500 annually. It is even more worrying that the proportion of cases leading to “no further action” by the police has doubled from a third to two-thirds.

We have been here before. In 2002 Tony Blair was so alarmed by the rise in street crime that he convened an emergency Cobra meeting and agreed a target with police chiefs of getting the numbers back to the previous year’s levels within six months.

It was a piece of theatre by the prime minister, but street crime in London did drop after that.

Whether this was because the rise was an anomaly, or because the police started to take the issue seriously, we may never know. But we really ought to try to find out.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!