Aborsie: 'n Saak wat ons nie ligtelik mag hanteer
DR. HETTY ROSE-JUNIUS SKRYF:
Ek lees in vandag se Republikein ("Namibië praat oor aborsie", 18 Oktober 2021) van die uitnodiging aan die publiek om tot die gesprek toe te tree oor 'n voorgestelde wetswysiging wat die sensitiewe onderwerp, aborsie, in Namibië betref.
Meer as die wetswysiging gaan dit oor die reg van die mens, en veral die vrou, om 'n keuse te maak tussen pro-lewe of om 'n ongewenste swangerskap te beëindig.
Soos vele ander mense wat omgee, en seker veral die sosiaal wetenskaplikes, geestelike leiers, ouers, die jeug en ander, spreek ek dankbaarheid uit teenoor die minister en almal in die regering wie die gesprek ge-inisieer het en ondersteun. Dit is soos die minister beduie, noodsaaklik dat daar wyd oor sulke kwessies gedebatteer moet word, en dit is inderdaad 'n stap in beleidsformulering wat nie ligtelik hanteer moet word nie.
Die oorweldigende negatiewe gevolge van nie-medies ondersteunde aborsies, of straataborsies om dit so te noem, is duidelik in die koerantartikel uitgespel. Daar is nie fout te vind met die korrektheid van die statistiek en van die negatiewe gevolge van sulke aborsies nie.
Maar mag ek asseblief die geleentheid gebruik om ook 'n ander perspektief op die tafel te lê.
Terwyl duidelike mediese gevolge van leke-aborsies uitgespel is, is daar hoegenaamd geen melding gemaak van die uitvoering van die reg op die beëindiging van swangerskappe deur dieselfde persoon op herhaalde basis nie.
My vraag is hoeveel keer kan 'n vrou of jeugdige se liggaam so 'n aanslag daarop hanteer sonder negatiewe gevolge vir die fisieke en emosionele lewe van die persoon. As sosiaal wetenskaplike is ek nie net gesteld op menseregte nie, maar op die totale mens, die Gestalt van 'n persoon, wat die fisieke, emosionele, geestelike en maatskaplike aspekte van die lewe insluit.
As belydende Christen het ek ook 'n onveranderlike ingesteldheid op die geestelike lewe van die persoon wie die reg van keuse uitoefen. Ek verstaan die Woord op die punt dat die skepping van die mens en die beëindiging van lewe net in God se Hande is.
Toe 'n student in my klas beduie dat hy nou al moeg is vir die “God talk”, en ek hom vra waar hy vandag sou gewees het as sy moeder hom geaborteer het, merk hy met skok op: ”O genade, ek het nooit daaraan gedink nie. Ek is so dankbaar ek lewe. Dit sou 'n redelose skending van my menseregte gewees het, sonder om my te raadpleeg, as sy so sou besluit het. Ek sal haar vandag gaan bedank vir my lewe, want sy was in matriek toe ek vaderloos gebore is.”
Ons regstelsel erken die reg van die fetus om te lewe en om selfs, as dit reeds ontvang is maar voor sy geboorte, die reg om te erf. Sal daar ook met die sogenaamde “Nasciturus fiction”, wat onvervreembaar is, in die bepleite, nuwe bedeling weggedoen word?
Ek is verder van die oortuiging dat ons, as ons die jeug opvoed met die begrip van leef 'n sedelose lewe, dis jou reg, want as jy swanger word, geen probleem nie, jy kan 'n kostelose staatsaborsie kry, hul nie 'n guns bewys met die les wat ons deurgee nie. En wat gaan dit dan die staat kos aan die voorsiening van kostelose operasies, terwyl staatskostes ook in vandag se artikel ter sprake was.
Net soos die voorbeelde in die koerantartikel oor die voordele van 'n nuwe wet wat pro-keuse is uiteengesit is, sal ek ook kan voortborduur op voorbeelde van menslike leed en wroeging wat met aborsies gepaard gegaan het in my ervaring as maatskaplike werker, maar ek volstaan hierby om net luid en onomwonde te verklaar: Ek as gebore Namibiër, moeder van 'n dogter, geestelike leier, opvoedkundige, gemeenskapsdienaar, ongeag volksverbinding en sosiale of finansiële stand, verwerp summier enige wetgewing en beleidsvoorsiening vir vry en medies onvoorgeskrewe aborsies.
'n Mens moet natuurlik vertrou dat die volksgesprek nie 'n rookskerm is, tewyl 'n besluit oor die toekoms reeds op hoge vlak geneem is nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie