Aborsie opnuut bespreek
Jongelinge se seksuele gesondheid is tydens 'n onlangse studie
Denver Kisting
Weke nadat pres. Hage Geingob gesê het aborsie sal in 'n stadium gewettig moet word, is die kwessie weer by die bekendstelling van die “Voice & Choice”-barometer geopper.
Mnr. Fabian Sampaya, die hoof van Gender Links in Namibië, het Woensdagaand by die bekendstelling van die studie gesê agterstraataborsies vernietig lewens.
Me. Inna Hengari, lid van die Popular Democratic Movement (PDM) en verkose parlementslid, het op haar beurt gesê die kwessie van aborsie moet as 'n saak van dringendheid weer ondersoek word.
In dié stadium mag vroue net wanneer hulle verkrag is of hulle of hul baba se lewe in gevaar is 'n aborsie hê.
Die Voice & Choice-studie het ten doel gehad om die vlak van toegang tot seksuele en reproduktiewe gesondheid en regte van jongmense in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) te peil.
Of aborsie wettig is of nie, dit gebeur en baie vroue sterf jaarliks as gevolg daarvan, het Geingob verlede maand tydens 'n vergadering met die jeug gesê. “Eendag sal ons 'n wet moet deurvoer om aborsie te wettig.”
Hy het toegegee geloof en kultuur beïnvloed dié gesprek.
Maar indien dit beheer word, kan minder mense sterf, het Geingob gesê.
Luidens van die Voice & Choice-bevindinge kan “die vermoë vir 'n vrou of 'n meisie om te besluit om veilig nie met 'n swangerskap voort te gaan nie, die sleutel inhou om talle geleenthede in die lewe te ontsluit”.
Dit sluit in opvoeding, indiensneming, finansiële sekuriteit en goeie gesondheid, lui die verslag wat verlede week in die hoofstad bekend gestel is.
Nagenoeg 24% van alle swangerskappe in Suider-Afrika eindig met 'n aborsie, is bevind.
Die studie het bevind Namibië het steeds geen wetgewing of beleidsrigtings wat tieners toegang tot seksuele en reproduktiewe gesondheid en regte (SRHR) gee nie.
Tieners in die land mag egter sonder hul ouers se toestemming toegang kry tot SRHR-dienste.
Die meeste mense wat in SADC MIV onder lede het, is jong vroue, is bevind.
Me. Annemarie Nitschke, 'n direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, het egter onlangs in 'n onderhoud met Republikein gesê Namibië oorskry die VN se 90-90-90-teikens.
Ingevolge dié maatstawwe moet 90% van MIV-positiewe mense hul status ken; 90% van dié wat weet wat hul status is, op behandeling wees en die virus moet in 90% van diegene op behandeling onderdruk wees.
Geslagsgegronde geweld saai steeds verwoesting in die streek, lui die bevindinge.
'n Gebrek aan geld en bewusmaking is olie op dié vuur, lui die studie. “Die beskikbaarheid van aktuele data oor die voorkoms van geslagsgegronde geweld is 'n uitdaging. Polisiedata hang af van sake wat aangemeld word.”
'n Reusestruikelblok is die gebrek aan toegang tot basiese sanitasiegeriewe, het die studie vasgestel.
Namibië is een van tien SADC-lande met 50% of minder toegang tot basiese sanitasie.
GAY-REGTE IN DIE VISIER
Ofskoon die uitleef van alle seksuele oriëntasies in vyf lande wettig is, word lesbiese, gay, biseksuele en transgender-mense steeds in die meeste SADC-lande hul menseregte ontsê, is bevind.
Suid-Afrika is die enigste lidland waar selfdegeslaghuwelike wettig is, lig die studie uit.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie