Absa hof toe oor Reserwebank, 'skuld'
Matthew Le Cordeur - Barclays Africa se uitvoerende hoof, Maria Ramos, het Vrydag 'n dringende aansoek by die hooggeregshof ingedien om 'n verslag van die openbare beskermer (OB) ter syde te laat stel.
Die OB beveel in haar verslag onder meer aan dat Absa, wat deur Barclays Africa besit word, R1,1 miljard aan die staat moet terugbetaal vir 'n reddingspakket wat die Reserwebank destyds aan Bankorp gegee het om hom van ondergang te red. Absa het Bankorp later oorgeneem.
Die Reserwebank het ook verlede week 'n aansoek gebring om die OB se verslag ter syde te laat stel.
Die OB het 'n omstrede voorstel gemaak dat die Grondwet gewysig moet word om die mandaat van die Reserwebank te verander.
Barclays Africa gaan as applikant tot die Reserwebank se hofsaak toetree.
“Die regstellende optrede wat die OB voorstel deur die Grondwet te wysig, het reeds 'n skadelike uitwerking op die ekonomie gehad en dreig om 'n negatiewe impak op Suid-Afrika se kredietgradering te hê,” het Ramos in haar eedsverklaring in die aansoek gesê.
Absa het vooraf geen aanduiding gehad van die OB se voorstelle nie en kon dus nie voorleggings daaroor maak nie. Absa sou beslis kommentaar gelewer het as hy bewus was van die OB se aanbeveling, sê Ramos.
Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het in sy eedsverklaring in die hofstukke gesê die OB het nie die mag om die Grondwet te wysig nie.
“Die OB het met haar onwettige aanbeveling die parlement beveel om die Grondwet te wysig om die Reserwebank se primêre funksie – om die waarde van die rand te beskerm – te verander.
“Sy het geen mag om die Grondwet te verander nie, om nie eens te praat daarvan om die parlement te beveel om dit te doen nie.”
Kganyago sê die verslag het nadelige gevolge vir die ekonomie, veral omdat dit beleggersvertroue skaad.
“Vanaf die oomblik dat dit aangekondig is het dit 'n ernstige en nadelige uitwerking op die ekonomie gehad. Solank dit in plek bly, skep dit die risiko om die rand verder te laat verswak en kan dit tot 'n verdere kredietafgradering en verdere kapitaaluitvloei lei.”
– Netwerk24/Fin24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie