Absa steun Gordhan-aansoek
Absa het Donderdag die vyfde bank geword wat 'n beëdigde verklaring by die hooggeregshof in Pretoria ingedien het in antwoord op die aansoek van Pravin Gordhan, Suid-Afrika se minister van finansies, vir 'n verklarende bevel rakende die Gupta-bankrekeninge.
Gordhan het die hof in Oktober gevra vir 'n verklarende bevel oor sy magte, of gebrek daaraan, om in te gryp nadat die Guptas gepleit het dat die regering ingryp en hul ondernemings se bankrekeninge herstel.
Uit die Absa-verklaring blyk dit dat die bank se uitvoerende hoof, Maria Ramos, in Februarie 'n versoek vir 'n ontmoeting met 'n interministeriële komitee en verteenwoordigers van Oakbay oor sy besluit om rekeninge te sluit, “beleefd van die hand gewys het”, berig Business Day Live.
Hy steun Gordhan se aansoek, sê Absa.
Hy het in Desember 2015 besluit om die Gupta-rekeninge te sluit nadat hy tot die slotsom gekom het die koste en moeite om die rekeninge te monitor, weeg swaarder as die inkomste wat hy uit die rekeninge kan verdien, berig BDLive.
Omdat die Guptas nie Absa as primêre bank gebruik het nie, het dit sy vermoë om die rekeninge behoorlik te monitor en die kliënt se risko-profiel te verstaan, beperk. Daar was ook voorvalle van groot geldoordragte tussen Oakbay-maatskappye en verwante partye en ander banke wat nie behoorlik verduidelik is nie, volgens die verklaring.
Standard Bank het op 14 Desember sy ondersteunende verklaring ingedien.
Dié bank het op sy beurt die hooggeregshof in Pretoria gevra om pres. Jacob Zuma en sy ministers te verbied om in te meng in sy besluit om die rekeninge van maatskappye met Gupta-bande te sluit.
David Loxton, vennoot van die regsfirma Dentons in Johannesburg, het op grond van Standard Bank se verklaring die mening uitgespreek dat die regering se poging tot inmenging by die banke se besluit om die rekeninge te sluit, neerkom op bedrog.
“Negeer Standard Bank se beëdigde verklaring die bewerings van samespanning deur die banke? Bewys dit korrupsie?” vra Loxton.
“As amptenare hul magsposisie misbruik het om ander te help om hul sakebelange te bevorder deur 'n onregverdige voordeel, sal my antwoord wees: Bes moontlik, ja.”
Die hofaansoek verskaf inligting oor uitgebreide inmenging by 'n onderneming deur verskeie senior staatsamptenare. “Hoekom sal die regering dit doen? Is dit politiek? Is dit die rol van die regering om betrokke te raak by wat in beginsel risikobestuur by die bank is? As dit alles beskou word in die konteks van die openbare beskermer se verslag (oor staatskaping), en ander inligting in die openbare domein, dan sal ek sê nee.
“Die hele sage moet alle Suid-Afrikaners bekommer. In watter mate is hierdie land se instellings gekaap en word dit misbruik?” het Loxton gevra.
Gordhan se aansoek word beskou as 'n slim manier om banke oor te haal om die redes vir die sluiting van die rekeninge openbaar te maak, naamlik dat verdagte transaksies van minstens R6,8 miljard deur die rekeninge gevloei het. Voor die aansoek het die banke taktvol probeer stilbly oor die redes weens die vertrouensverhouding met kliënte.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie