Absa vra vrae oor mev. Zuma se bankrekening
Absa vra vrae oor mev. Zuma se bankrekening

Absa vra vrae oor mev. Zuma se bankrekening

Absa bank dreig glo om 'n bankrekening wat aan Tobeka Madiba-Zuma, pres. Jacob Zuma se vrou behoort, oor verdagte oordragte te sluit.
Sunday Times berig die bank wil hê sy moet die groot bedrae wat na haar rekening oorgeplaas is, verduidelik.
Absa is een van die banke wat voorheen die rekeninge van maatskappye wat deur die Gupta-familie besit word gesluit het.
Die bank het volgens 'n beëdigde verklaring wat hy in Desember 2016 gemaak het, gesê hy het maatskappye wat volgens die Finansiële Intelligensiesentrum se definisie van wat as polities blootgestelde mense (PBMs) beskryf word, hersien.
Hy het in sy verklaring gesê die Wet op die Finansiële Intelligensiesentrum (Fica) sit die kontroles en meganismes om hoërisikokliënte, wat PBMs insluit, uiteen.
Fin24 het voorheen berig dat daar 'n groter kans is dat PBMs by geldwassery betrokke kan wees.
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het Absa in 2016 met R10 miljoen beboet vir swakhede in sy meganismes om transaksies te monitor. Die bank is ook beveel om regstellende aksies om tekortkominge in sy maatreëls op te skerp.
Die boete was volgens Fica wat bepaal 'n toesighoudende instelling soos die Reserwebank kan 'n administratiewe sanksie op 'n bank oplê omdat dit nie aan die bepalings van die wet voldoen nie.
Duduzane Zuma, die president se seun, se bankrekeninge is ook volgens die Sunday Times-berig gesluit. Hy het by Maria Ramos, die bank se uitvoerende hoof, aansoek om hulp gedoen. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!