Absolute skande!
ONBEKEND SKRYF:
Ek is werklik so skaam. Ons agbare minister van onderwys verskyn in die hof oor beweerde oneerlikheid! Ek sou my gesig toegemaak het, sodat niemand my herken nie en dit is ten einde niet. Sy moet vandag weer in die hof wees.
Wat dink die onderwysunie Nantu van dit en ook huidige onderwysers en skoolgaande kinders? Dis 'n absolute skande!
Die gordynstorie van destyds op Mariental is seker onder die mat gevee.
Die man in die parlement wat haar aanvat oor die nuwe onderwyswet bly 'n entjie van haar af, want sy slaan mans met haar hoëhakskoene en dis baie seer, hoor. Jy sal 'n merk dra waar die skoen val vir baie lank.
Ek het groot respek vir Bernadus Swartbooi. Kom outjie, waaroor jy geskors is, kom nou weer na vore. Jy en Jan van Wyk moet hande vat en saam werk.
Daar sal 'n reuseverandering in volgende jaar se verkiesinguitslae wees. Kan nie wag nie. Ons kyk maar!
Die president probeer, maar nogtans te veel foute. Dank af die ministers wat nie hul werk doen nie, daar's nog hope tyd en kies jonger mense. Die oues het geen nuwe idees meer nie.
Mooi loop!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie