Academia-leerling sterf weke nu00e1 ongeluk
Academia-leerling sterf weke nu00e1 ongeluk

Academia-leerling sterf weke ná ongeluk

Francoise Steynberg
'n Leerling van die Sekondêre Skool Acadmia wat op 19 Junie in 'n ongeluk op die westelike verbypad, het verlede Saterdag in 'n hospitaal aan sy beserings beswyk.

Die 17-jarige Tjiunatjo Kangorondueza en drie ander leerlinge was in die taxi wat in die ongeluk betrokke was. Die 26-jarige taxibestuurder is op slag dood. Sy voertuig het trompop met 'n ander sedanvoertuig gebots nadat dit deur 'n ander sedanvoertuig van agter af die aankomende verkeer gestamp is.

Die skoolhoof van Academia, mnr. Herman Rust, het Donderdag Kangorondueza’s se heengaan bevestig. Hy het die graad 11-leerling as gedisisplineerd en stil beskryf wat nooit afwesig by die skool was nie.

"Sy dood is 'n groot verlies vir die skool," het Rust gesê.

Hy het gesê die skool het berading aan die oorledene se klasmaats en vriende gegee.

'n Gedenkdiens vir Kangorondueza is Woensdag by die skool gehou. Sy begrafnis vind môre op Okakarara in die Otjozondjupastreek plaasvind.

Nóg 'n leerling van Academia wat in dieselfde ongeluk was, Vistorina Hofeni (18), word steeds in die private hospitaal Paramount behandel. Sy het kop- en rugbeserings opgedoen en was vir meer as twee weke in die intensiewesorgeenheid. Sy is Maandag na 'n algemene saal oorgeplaas, maar is steeds in 'n ernstige toestand. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-04-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer