ACC gryp spogmotor
Denver Kisting – Mnr. Tamson (Fitty) Hatuikulipi, een van die beskuldigdes in die opspraakwekkende Fishrot-korrupsieskandaal, is een van sy spogmotors kwyt.
Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het Saterdag beslag gelê op ’n Mercedes Benz SL 65 AMG met ’n persoonlike nommerplaat wat aan Hatuikulipi behoort.
Die ACC het Saterdaglaatmiddag by monde van sy woordvoerder, me. Josefina Nghituwamata, gesê die teenkorrupsiewaghond het vroeër daardie dag by Langstrand tussen Swakopmund en Walvisbaai by ’n huis op die voertuig beslag gelê.
Volgens haar word die waarde van die voertuig op meer as N$1,3 miljoen geraam.
Die Fishrot-beskuldigdes word daarvan verdink dat hulle verantwoordelik was vir die grootskaalse plundering van Namibiese viskwotas ten bedrae van etlike miljoene Namibiese dollar.
Naas Tamson Hatuikulipi, is mnre. Bernhard Esau, die oudminister van visserye en mariene hulpbronne, Sacky Shanghala, die oudjustisieminister, James Hatuikulipi, Ricardo Gustavo, Pius Mwatelulo en Mike Nghipunya in aanhouding weens dié skandaal.
Tamson Hatuikulipi is Esau se skoonseun.
Die mans word in die Windhoek Sentrale Gevangenis aangehou.
AGTERGROND
Tydens die mans se tweede hofverskyning vroeër vanjaar is nuwe klagte bygevoeg in verband met geld wat glo gewas is deur besighede met die name Salex en DHC Inc.
Dit word beweer N$75 miljoen van Fishcor se geld is deur middel van dié maatskappye gewas.
’n Aanvullende klag van regsverydeling staar Shanghala in die gesig.
Hy, Esau, James Hatuikulipi en Nghipunya word ook daarvan beskuldig dat hulle staatsgeld vir selfverryking gebruik het.
Nghipunya is vroeër vanjaar aangekeer, terwyl die ander ses reeds sedert 27 November 2019 in polisieaanhouding is.
Mwatelulo en Tamson Hatuikulipi word ook van sameswering om die beweerde misdade te pleeg, beskuldig.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie