ACC-inspekteur se getuienis onder die loep
ACC-inspekteur se getuienis onder die loep

ACC-inspekteur se getuienis onder die loep

Kristien Kruger
Kristien Kruger

Die verdediging het gister tydens die aansoek om borgtog van ses van die Fishrot-beskuldigdes, gepoog om die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se hoofinspekteur Andreas Kanyangela en die ACC se ondersoek te ondermyn.

Adv. Vas Soni van Suid-Afrika, wat vir James Hatuikulipi, Sacky Shanghala en Pius Mwatelulo verteenwoordig, het Kanyangela veral uitgevra oor ’n verandering wat hy op sy verklaring aangebring het.

Sy eerste verklaring wat op 24 November by die hoërhof ingedien is, het die volgende bevat: “Die ACC het bewerings van korrupsie, geldwassery en bedrog ondersoek.”

Dié deel is nie in sy tweede verklaring, wat op 27 November ingedien is, ingesluit nie.

Soni beweer Kanyengela het Bernard Esau se verklaring gesien waarin hy aanvoer dat die ACC volgens die strafprosesreg, nie die mag het om die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (Poca)-verwante sake te ondersoek nie – dit sluit in geldwassery en bedrog – waarna hy sy verklaring gewysig het.

Hoewel Kanyangela gesê het dit was ’n oorsigfout, het Soni hom daarvan beskuldig dat hy dit opsetlik verander het.

“Jy was van plan om hierdie hof te mislei,” het Soni vir hom gesê. Kanyangela het dit ontken.

Volgens Esau se verklaring het die ACC ook nie die mag om lasbriewe vir inhegtenisnemings uit te reik nie.

Shanghala, Hatuikulipi en Mwatelulo, wat verkies het om nie die getuienisbank in te neem nie en slegs geskrewe verklarings ingedien het, het ook in hul verklarings aangedui dat die ACC nie die mag gehad het om klagte van geldwassery en bedrog te ondersoek nie.

AANSOEK VIR REGTER OM TE ONTTREK

In die hoofverhoor het al nege Fishrot-beskuldigdes gister in die hoërhof in Windhoek verskyn vir voorverhoorverrigtinge.

Hiertydens het Ricardo Gustavo en Esau se verteenwoordiger, mnre. Trevor Brockerhoff en Florian Beukes, ’n aansoek ingedien vir waarnemende regter Kobus Miller om homself van die saak te onttrek.

Die Fishrot-saak is deur die regterpresident aan Miller aangewys om verdere voorverhoorverrigtinge en die verhoor te behartig. Brockerhof het reeds met die vorige verrigtinge aangedui hulle is nie tevrede met die regter se aanstelling nie aangesien Miller by Gustavo se aansoek om borgtog betrokke was.

Die aansoek sal op 12 April aangehoor word. – [email protected]





Die verdediging het gister tydens die aansoek om borgtog van ses van die Fishrot-beskuldigdes, gepoog om die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se hoofinspekteur Andreas Kanyangela en die ACC se ondersoek te ondermyn.

Adv. Vas Soni van Suid-Afrika, wat vir James Hatuikulipi, Sacky Shanghala en Pius Mwatelulo verteenwoordig, het Kanyangela veral uitgevra oor ’n verandering wat hy op sy verklaring aangebring het.

Sy eerste verklaring wat op 24 November by die hoërhof ingedien is, het die volgende bevat: “Die ACC het bewerings van korrupsie, geldwassery en bedrog ondersoek.”

Dié deel is nie in sy tweede verklaring, wat op 27 November ingedien is, ingesluit nie.

Soni beweer Kanyengela het Bernard Esau se verklaring gesien waarin hy aanvoer dat die ACC volgens die strafprosesreg, nie die mag het om die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (Poca)-verwante sake te ondersoek nie – dit sluit in geldwassery en bedrog – waarna hy sy verklaring gewysig het.

Hoewel Kanyangela gesê het dit was ’n oorsigfout, het Soni hom daarvan beskuldig dat hy dit opsetlik verander het.

“Jy was van plan om hierdie hof te mislei,” het Soni vir hom gesê.

Kanyangela het dit ontken.

Volgens Esau se verklaring het die ACC ook nie die mag om lasbriewe vir inhegtenisnemings uit te reik nie.

Shanghala, Hatuikulipi en Mwatelulo, wat verkies het om nie die getuienisbank in te neem nie en slegs geskrewe verklarings ingedien het, het ook in hul verklarings aangedui dat die ACC nie die mag gehad het om klagte van geldwassery en bedrog te ondersoek nie.

AANSOEK VIR REGTER OM TE ONTTREK

In die hoofverhoor het al nege Fishrot-beskuldigdes gister in die hoërhof in Windhoek verskyn vir voorverhoorverrigtinge.

Hiertydens het Ricardo Gustavo en Esau se verteenwoordiger, mnre. Trevor Brockerhoff en Florian Beukes, ’n aansoek ingedien vir waarnemende regter Kobus Miller om homself van die saak te onttrek.

Die Fishrot-saak is deur die regterpresident aan Miller aangewys om verdere voorverhoorverrigtinge en die verhoor te behartig.

Brockerhof het reeds met die vorige verrigtinge aangedui hulle is nie tevrede met die regter se aanstelling nie aangesien Miller by Gustavo se aansoek om borgtog betrokke was.

Die aansoek sal op 12 April aangehoor word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.22 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.13 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 929.24 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.63 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.07 | USD to ZAR 17.33 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 625.55/OZ DOWN -0.0003 | Copper US$ 4.44/lb UP +2.76% | Zinc US$ 2 984.50/T UP 3.2% | Brent Crude Oil US$ 75.50/BBP UP +1.51% | Platinum US$ 970.47/OZ UP +1.30% #REF!