ACC slaan by stadsraad toe
Borgtog is die afgelope week aan ’n munisipale amptenaar toegestaan wat glo omkoopgeld wou hê.
Denver Kisting - ’n Werknemer (42) van die Windhoekse stadsraad (CoW) moet in Januarie weer in ’n Windhoekse hof verskyn weens beweerde korrupsie.
Mnr. Selwyn Neville Mouton is verlede week deur beamptes van die Teenkorrupsiekommissie (ACC) in Windhoek aangekeer.
Mouton is verbonde aan die munisipaliteit se elektrisiteitsdepartement.
Hy het na bewering N$5 000 van ’n kliënt geëis om nie dié kliënt se kragtoevoer weens ’n agterstallige rekening op te skort nie.
Mouton het die afgelope Maandag sy eerste verskyning in die Windhoek-landdroshof gemaak.
Hy is op borgtog van N$3000 vrygelaat.
Mouton moet op 25 Januarie weer in dié hof verskyn.
Sy saak is tot dan uitgestel om hom in staat te stel om regsverteenwoordiging te bekom.
Die ACC sê voorts in ’n verklaring ’n saak wat vier jaar gelede by hom aanhangig gemaak is, is onlangs afgehandel.
Volgens dié verklaring het die ACC op 22 Desember 2014 ’n klag ontvang in verband met ’n faktuur ten bedrae van ongeveer N$790 000, wat aan die Hentiesbaai-munisipaliteit voorgelê is.
’n Ondersoek het toe onthul geen werk is gedoen om dié faktuur te regverdig nie.
Willem Matthias Thomas is op 24 September vanjaar skuldig bevind aan die oortreding van die teenkorrupsiewet.
Hy is onlangs in die landdroshof op Swakopmund tronkstraf van twee jaar en ’n boete van N$20 000 opgelê.
Die korrektiewe vonnis is in sy geheel vir vyf jaar opgeskort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie